Maak hierdie gesonde polentabroodjie vir jou mense!
Bestanddele
4 porsies
olie
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) gemengde kruie
600 g maalvleis
1 blik (420 g) gekapte tamaties
500 ml (2 k) beesvleisaftreksel
250 ml (1 k) polenta
sout en peper
Maak ook: Piesang-en-sjokoladebroodpoeding
Metode
- Verhit olie en soteer ui en geurmiddels tot sag.
- Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
- Voeg tamaties en aftreksel by maalvleis en kook vir ongeveer vyf minute.
- Voeg polenta stadig by vleismengsel, hou aan roer tot daar geen klonte is nie.
- Laat polenta vir nog twee minute prut en geur met sout en peper.
- Voer broodpannetjie van 10 cm x 20 cm met plastiek uit.
- Skep polentamengsel in broodpannetjie en druk bietjie platter.
- Laat effe afkoel en plaas in yskas vir twee uur.
- Keer polenta uit pannetjie en verwyder plastiek. Sny in 1,5 cm-skywe en braai in bietjie botter.
- Sit dadelik voor.