’n Nuwe studie het getoon dis belangriker as wat ons dink om naweke te rus
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
’n Opname van 38 000 mense wys ‘n 65% hoër sterftesyfer vir volwassenes wat vyf uur of minder per nag slaap tensy hulle genoeg oor naweke rus.
Navorsers aan die Stress Research Institute aan die Stockholm- universiteit het bevind dat mense (65 en ouer) wat vyf uur of minder per nag slaap ‘n groter risiko het om dood te gaan as die wat ses of sewe uur per nag slaap.
Die effek van die min slaap per week kan egter omgekeer word as mense goed oor naweke rus. Die navorsers het volgens die webwerf www.guardian.com bevind dat mense wat te min in die week slaap se sterfterisiko nie toegeneem het as hulle oor naweke langer gerus het nie.
Slaap is beslis belangrik vir langlewendheid, sê die studieleier Torbjörn Åkerstedt.
Hier ter plaatse het Takealot ook ‘n opname gedoen en 46,4% van die Suid-Afrikaanse respondente het gesê dat hulle nie genoeg slaap nie.
Hope Bastine, sielkundige verbonde aan die Europese matrasverskaffer Simba, wie se produkte op Takealot verkoop word, sê daar is eenvoudige strategieë om beter te rus.
Hier is haar wenke om beter te slaap:
- Verseker dat die slaapkamer so donker as moontlik is en ‘n gerieflike temperatuur gehandhaaf word.
- Trek slaapklere aan van materiaal soos katoen.
- Raak rustig voor slaaptyd.
- Belê in ‘n goeie matras.
- Kyk na essensiële olies en lugsuiweringsplante soos jasmyn en aalwyn in jou kamer.
BRONNE: www.guardian.com, www.takealot.com