Daar is min dinge so lekker in die oggend soos ’n koppie koffie met ’n beskuit! Maak die lekker neut-en-saad-beskuit
ongeveer 48 stukke
Bestanddele
1 kg (8 k) bruismeel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
350 g koue botter
1 00 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
750 ml (3 k) All-Bran
60 ml (4 e) papawersaad
125 ml (½ k) lynsaad
125 ml (½ k) sonneblomsaad
60 ml (4 e) pampoensaad
375 ml (1½ k) suiker
250 ml (1 k) semels
250 ml (1 k) sultanas
125 ml (½ k) rosyntjies
3 ekstragroot eiers
750 ml (3 k) karringmelk
125 ml (½ k) olie
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Meng bruismeel, bakpoeier en sout saam.
- Rasper botter by meelmengsel. Vryf botter verder met vingers in totdat mengsel soos broodkrummels lyk.
- Roer neute, All-Bran, papawersaad, lynsaad, sonneblomsaad, pampoensaad, suiker, semels, sultanas en rosyntjies by meelmengsel.
- Klits eiers. Voeg karringmelk en olie by en klits weer tot gemeng.
- Voeg eiermengsel by meelmengsel en meng tot deeg.
- Smeer oondpan van 26 cm x 38 cm met botter en voer met bakpapier uit. Smeer weer met botter of spuit met kossproei.
- Bak vir 45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat bietjie afkoel en keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
- Sny of breek beskuit in stukke en plaas op bakplate.
- Droog beskuit teen 70 °C vir 6 tot 7 uur uit.
- Laat beskuit heeltemal afkoel en pak in beskuitblikke.