Ons het al almal van die vyf liefdestale gehoor, maar nie almal weet wat om te doen en wat jy moet vermy nie …
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Wat is die ding wat jou hart warm laat klop? As jou geliefde vir jou mooi woorde sê, as hy tyd saam met jou deurbring, takies in die huis verrig of dalk is dit ‘n geskenk uit sy hart … En weet jy wat jou geliefde s’n is? Dit kan ‘n wesentlike verskil aan jul verhouding maak as julle weet wat dit is wat die ander soek, sê dr Gary Chapman, bekende skrywer en terapeut. Hy het bekende vyf liefdestale geformuleer: woorde van bevestiging, gehaltetyd, diensbaarheid.
LEES OOK: Wat is jou liefdestaal?
Woorde van bevestiging
Jou maat wil opgebou word deur jou woorde en niks is vir hom of haar so sleg as jy die dag lelike goed sê nie …
Dit werk
Mooi woorde
Skryf kaartjies, stuur ‘n vinnige WhatsApp, skryf briefies, los notas, maak kontak
Onthou
Gee bemoedigende woorde, komplimente en ondersteuning.
Pasop vir …
Afbrekende woorde
Negatiewe kritiek
Gehaltetyd
Jou maat voel spesiaal as dit net julle twee is en julle kan regtig gesels
Dit werk
Doen lekker dinge saam.
Fokus regtig op jou maat.
Sit en gesels, maak regtig tyd om te luister.
Onthou
As julle afspraaktyd het, moenie dat iets met jul tyd inmeng nie.
Gee jou onverdeelde aandag aan jou maat.
Jou geliefde hou van een-tot-een-gesprekke.
Pasop vir …
Jou maat wil nie hê julle moet altyd tussen mense wees en te veel saam met vriende kuier nie, onthou hy of sy wil jou aandag hê.
Alleentyd is oukei, maar moenie jouself ten koste van jou maat afsonder nie.
Jou maat voel diep ongelukkig as julle nie genoeg tyd saam deurbring nie.
Geskenke
Of dit nou ‘n stukkie laventel op haar kopkussing of ‘n klein toegedraaide geskenkie in haar handsak is, jou geliefde is mal oor tasbare blyke van jou liefde.
Dit werk
Gee spesiale geskenkies.
Gee jou tyd.
Onthou spesiale dae.
Jou maat soek nie noodwendig duur goed nie, ‘n blom langs die pad sal ook werk.
Onthou
Jou maat is ingestel op die visuele en kan jou bui gou optel.
Spesiale blyke van waardering beteken die wêreld.
Pasop vir …
As jy spesiale okkasies vergeet, is daar groot moeilikheid. Wees gewaarsku.
As jy maak dat geskenkies materialisties is en dat sy of hy net wil hê, gaan daar ontploffings wees. Onthou klein blykies van waardering is belangrik.
LEES OOK: Praat jy jou maat se liefdestaal?
Diensbaarheid
As jy jou geliefde met iets help, kan jy sien dit maak hom of haar diep gelukkig
Dit werk
Help met huistake.
Wees behulpsaam.
Ruil takies uit.
Onthou
Sê vir jou maat: “Wat kan ek vir jou doen,” “Ek sal stop en vir jou …”, “Vandag, het ek dit vir jou gedoen”.
Pasop vir …
As jy beloftes vergeet, gaan daar probleme wees.
As jy jou maat se versoeke ignoreer, kom daar moeilikheid.
As jy te veel aanpak en niks gedoen kry nie, kan jy verdere reperkussies verwag.
Fisieke aanraking
Jou maat wil gesoen, gedruk en aan gevat word. Fisieke aanraking doen die ding vir jou maat.
Dit werk
Gee drukkies.
Vat aan jou geliefde.
Sit na aan mekaar,
Onthou
Aangename gesiguitdrukkings maak saak.
Jou maat se taal is meestal nie-verbaal.
Pasop vir …
Dreigemente maak jou geliefde ongelukkig.
As jy die verhouding verwaarloos.
BRON: Focus on the family, dr Gary Chapman