Tooi jou tafel met ’n cool blareranker
Deur KAREN ADENDORFF Foto’s ELMARIE KNAPTON
Moeilikheidsgraad: *
Benodigdhede
Vinnis Colours Nikkim 100% katoendraad (50 g-balle): Pale Blue-Green (518) en Kingfisher (591) V innis Colours Tori 100% katoendraad (100 g-balle): 1 bal Pale Sage (422) en oorskiet Turquoise (424)(opsioneel) en Aluminium (404) (opsioneel). 3 mm- en 5 mm-hekelpen naald met groot oog
Mate
Lengte: ongeveer 110 cm
Afkortings
beg – begin, dies – dieselfde, dr – draai, dr-ks – draaikettingsteek, gs – glipsteek, h/af – heg af, kb – kortbeen, ks – kettingsteek, lb – langbeen, rdte – rondte, sp – spasie, st – steek, vlg – volgende
Aanwysings
Groot en medium blare
Gebruik kleure draad soos verkies en hekel 6 blare met Tori en 5 mm-pen en 12 blare met Nikkim en 3 mm-pen. Hekel 5 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste ry: 4 ks, (1 lb, 1 ks, 1 lb) in ring, dr.
2de ry: 4 ks, 1 lb in 1ste sp, 1 ks, 1 lb in vlg 1 ks-sp, 1 ks, 1 lb in 3de van 4 dr-ks, dr.
3de ry: 4 ks, (1 lb in vlg 1 ks-sp, 1 ks) 3 keer, 1 lb in 3de ks van 4 dr-ks, dr.
4de–7de ry: 4 ks, (1 lb in vlg lb, 1 ks) 3 keer, 1 lb in 3de ks van 4 dr-ks, dr.
8ste ry: 4 ks, slaan 1ste ks-sp oor, (1 lb in vlg ks-sp, 1 ks) 2 keer, 1 lb in 3de ks van 4 dr-ks, dr.
9de ry: 4 ks, slaan 1ste ks-sp oor, 1 lb in vlg ks-sp, 1 ks, 1 lb in 3de van 4 dr-ks, dr.
10de ry: 4 ks, 1 lb in 3de van 4 dr-ks.
1ste rdte: 1 ks, 1 kb in dies sp, (2 kb in vlg ks-sp) 9 keer, (2 kb, 2 ks, 2 kb) in 5 ks-sp, (2 kb in ks-sp) 9 keer, 4 kb in vlg ks-sp, gs in beg-kb.
2de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 3 ks, slaan 1 kb oor, (1 kb in vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor) 9 keer, 1 kb in vlg kb, (1 lb, 2 ks, 1 lb) in 2 ks-sp, (1 kb in vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor) 11 keer, 1 lb in vlg 2 kb, 3 ks, slaan 1 kb oor, gs in beg-kb. H/af. Kleiner blaartjies Gebruik kleure soos verkies en hekel 12 blaartjies met Nikkim en 3 mm-pen. Soos 1ste–2de ry.
3de–6de ry: 4 ks, (1 lb in vlg lb, 1 ks) 2 keer, 1 lb in 3de ks van 4 dr-ks, dr.
7de ry: 4 ks, slaan 1ste ks-sp oor, 1 lb in vlg ks-sp, 1 ks, 1 lb in 3de ks van 4 dr-ks, dr.
8ste ry: 4 ks, 1 lb in 3de van 4 dr-ks.
1ste rdte: 1 ks, 1 kb in dies sp, (2 kb in vlg ks-sp) 7 keer, (2 kb, 2 ks, 2 kb) in 5 ks-sp, (2 kb in ks-sp) 7 keer, 4 kb in vlg ks-sp, gs in beg-kb.
2de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 3 ks, slaan 1 kb oor, (1 kb in vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor) 7 keer, 1 kb in vlg kb, (1 lb, 2 ks, 1 lb) in 2 ks-sp, (1 kb in vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor) 9 keer, 1 lb in vlg 2 kb, 3 ks, slaan 1 kb oor, gs in beg-kb. H/af. Klein blaartjies Gebruik kleure soos verkies en hekel 4 klein blaartjies met Nikkim en 3 mm-pen. Soos 1ste ry.
2de–5de ry: 4 ks, 1 lb in vlg lb, 1 ks, 1 lb in 3de ks van 4 dr-ks, dr.
6de ry: 4 ks, 1 lb in 3de van 4 dr-ks.
1ste rdte: 1 ks, 1 kb in dies sp, (2 kb in vlg ks-sp) 5 keer, (2 kb, 2 ks, 2 kb) in 5 ks-sp, (2 kb in ks-sp) 5 keer, 4 kb in vlg ks-sp, gs in beg-kb.
2de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 3 ks, slaan 1 kb oor, (1 kb in vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor) 5 keer, 1 kb in vlg kb, (1 lb, 2 ks, 1 lb) in 2 ks-sp, (1 kb in vlg kb, 3 ks, slaan 1 kb oor) 7 keer, 1 lb in vlg 2 kb, 3 ks, slaan 1 kb oor, gs in beg-kb. H/af. Stam Met Pale Sage en 5 mm-pen, hekel 223 ks.
1ste ry: 1 lb in 4de ks vanaf pen en in elke ks tot einde. H/af.
Afwerking
Werk al die los drade weg. Rangskik die blare aan weerskante van die stam, van groot na klein vanaf die middel na die punte toe. Gebruik ’n mediumgrootte blaartjie vir elke punt. Werk die blare aan weerskante van die stam asook aan mekaar vas waar die blare aan mekaar raak.
Wenk
As jy die loper langer wil hê, kan jy die stam se getal steke asook die aantal blare vermeerder
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.