Maak hierdie lekker maalvleis-en-spinasie-pastagebak vir aandete!
4 tot 6 porsies
Bestanddele
500 g (1 pak) strikkiepasta
5 ml (1 t) olie
5 ml (1 t) sout
MAALVLEIS
bietjie olie
1 ui, gekap
10 ml (2 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
2 50 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
700 g beesmaalvleis
sout en peper na smaak
15 ml (1 e) koekmeel
250 ml (1 k) room
3 00 g (1 bos) spinasie, ontstingel,gewas en fyngekerf
500 ml (2 k) mozzarellakaas, gerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Verhit water in kastrol tot kookpunt.
- Gooi olie en sout in en voeg pasta by. Kook vir 10 minute of tot al dente.
- Dreineer in vergiettes. Spoel af en roer bietjie ekstra olie deur sodat pasta nie aan mekaar vaskleef nie.
- Maalvleis Verhit olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is.
- Voeg sampioene by en soteer tot sag. Voeg soetrissie by en soteer vir twee minute.
- Voeg maalvleis by en roerbraai tot verkleur.
- Geur na smaak met sout en peper.
- Roer koekmeel by en voeg room stadig by terwyl jy roer.
- Roer spinasie by en laat prut nog drie minute totdat spinasie verwelk is.
- Roer pasta by maalvleismengsel.
- Smeer oondbak met botter en skep helfte van pasta en maalvleismengsel daarin. Sprinkel helfte van kaas bo-oor.
- Skep oorblywende pasta en maalvleismengsel bo-op en sprinkel oorblywende kaas bo-oor.
- Bak vir 20 minute in oond en sit warm voor.