Patat en pynappel? Ja, dit werk! Maak hierdie lekker muffins
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS en SUZANNE CROZIER
12 groot muffins
Bestanddele
250 ml (1 k) volkoringmeel
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) gougaar-hawermout
knypie sout
5 ml (1 t) fyn kaneel
3 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) strooisuiker
125 ml (½ k) olie
4 40 g (1 blik) pynappelmoes
3 75 ml (1½ k) rou patat, geskil en gerasper
50 g (½ pakkie) pekanneute, gekap
MAAK OOK: Banting: Brownies
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Meng volkoringmeel, koekmeel, koeksoda, hawermout, sout en kaneel.
- Klits eiers en suiker met elektriese klitser saam tot liggeel.
- Roer olie en pynappel met sous by eiermengsel.
- Roer patat en neute by meelmengsel. Meng goed.
- Roer meelmengsel by eiermengsel en skep in groot muffinpannetjies wat met botter gesmeer is of met kossproei gespuit is.
- Bak vir 20 minute of tot gaar in middel.
- Plaas op draadrakkie tot afgekoel.