Wil jy die lewe vir jouself makliker maak? Kyk of jy die volgende kan baasraak vir ’n rustiger bestaan
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
1. Aanvaar
Erken jou gedagtes en emosies en waar jou lewe is en aanvaar dit wat jy nie kan verander nie.
2. Bly kalm
Skenk aandag aan jou emosies en leer hoe om ongelukkigheid te verdra en te hanteer.
3. Wees jouself
Daar is net een van jou, hoekom sal jy iemand anders wil wees? Wees wie jy is, sê hoe jy voel en wat jy soek en vra vir hulp wanneer jy dit nodig het.
4. Wees realisties
Slegte dinge gebeur met goeie mense. Wees voorbereid en moenie dat krisisse jou lewe steel nie.
5. Vertrou jouself
Glo in jouself en jou vermoëns en wees optimisties oor dit wat jy kan bereik.
6. Wees kreatief
As probleme opduik, weet dat plan B soms nodig is. Sien geleenthede raak en wees buigsaam.
LEES OOK: Praat jouself kalm
7. Wees dankbaar
Mens is geneig om net in jou probleme vas te kyk en dit wat jy nie het nie. Fokus op dit wat jy wel het.
8. Werk hard
Wees verantwoordelik vir jou lewe en werk hard om te kry wat jy wil hê.
9. Vind ’n doel
Dis goed om iets te hê om voor te werk. Vind ‘n droom of iets wat sin in jou lewe gee en doen dit.
10. Ondersteun
Kry minstens een mens met wie jy oor probleme kan praat en na wie jy in ‘n krisis kan draai.
BRON: www.throughdarknessindaylight.com