Vars skons is altyd ’n goeie idee as jy vinnig iets wil voorsit
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS en SUZANNE CROZIER
12 skons
Bestanddele
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
1 ml sout
60 ml (4 e) suiker
80 g koue botter, in blokkies gesny
1 ekstragroot eier
250 g (1 bakkie) roomkaas
5 ml (1 t) vanieljegeursel
bietjie volroommelk vir bo-oor
room
aarbeikonfyt
MAAK OOK: Suurroomskons
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam in mengbak. Roer suiker daarby.
- Vryf botter by meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk.
- Klits eier en meng by roomkaas en vanieljegeursel.
- Voeg roomkaasmengsel by meelmengsel en roer tot net gemeng. Moenie deeg te veel hanteer nie.
- Sprinkel bietjie koekmeel op werksoppervlakte en druk deeg bymekaar.
- Rol deeg tot 2 cm dik uit. Druk skons met ronde koekiedrukker met ongeveer 6 cm-deursnee uit.
- Voer bakplaat met bakpapier uit. Plaas skons daarop en verf bokante met bietjie melk.
- Bak vir 15–16 minute of tot skons ’n ligbruin kleur bo-op het.
- Laat bietjie afkoel en sny in helfte.
- Klits room styf en sit dit saam met skons en aarbeikonfyt voor.