As jy ’n produktiewe dag wil hê, is ’n goeie aandroetine ononderhandelbaar. Maak dit makliker met hierdie weke
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZE
- Gebruik so 10–20 minute elke aand om vinnig die ergste aan die kant te maak in die huis. Laai die skottelgoedwasser, vou wasgoed op, en sit als terug op hul plek.
- Maak seker jou sleutels en handsak is op die regte plek vir die oggend sodat jy nie rond hoef te hol en te soek nie.
- Sit ontbytbakke en pap vir die volgende oggend uit sowel as als wat jy vir middagete nodig gaan hê. As jy middagete nou al kan pak, doen dit.
- LEES OOK: Elke maand is ‘n nuwe begin
- Besluit die aand al wat jy die volgende dag gaan aantrek en as jy klein kinders het, sit hul klere reg.
- Pasop dat tegnologie jou in die aand so besig hou dat jy glad nie ontspan nie. Moenie net voor slaaptyd op jou selfoon wees nie. Gebruik eerder die tyd om te ontspan.
- Maak tyd vir stiltetyd, boeklees, meditasie en net te wees voor die volgende besige dag aanbreek.
- Beplan jou volgende dag, skryf in jou dagboek of kyk na jou toepkalender. Maak seker dat jy vir jouself ook tyd inwerk, soos om te gaan stap of te oefen.
- Probeer om in roetine te bly wat slaaptyd ook betref (weeksaande nou natuurlik) sodat jy nie doodmoeg opstaan nie.
BRONNE: http://www.thoughtsabove.com, www.asianefficiency.com