Maak hierdie blomkool-en-broccoli-tert saam met hoender en jy het ’n hele maaltyd!
6 porsies
Bestanddele
1 kop vars blomkool, in blommetjies gebreek
1 kop vars broccoli, in blommetjies gebreek
bietjie olie
1 ui, gekap
2 50 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
6 skyfies ham, in blokkies gesny
250 ml (1 k) room
1 25 ml (½ k) volroommelk
4 1 g (1 pakkie) Potato Bake (suurroom en grasui)
2 50 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Stoom blomkool en broccoli vir 10 minute. Dit hoef nie sag te wees nie. Hou eenkant.
- Verhit bietjie olie en braai ui tot sag.
- Voeg sampioene en ham by en soteer nog vier minute.
- Smeer oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm met botter of spuit met kossproei.
- Skep helfte van hammengsel en dan gestoomde groentemengsel in bak. Herhaal tot bestanddele klaar is.
- Roer room en melk saam. Roer Potato Bake by tot glad en sonder klonte. Giet bo-oor gereg.
- Sprinkel kaas bo-oor en bak vir 25 minute of tot goudbruin bo-op.