Begin nou al hierdie kortmoutruitjie brei vir die koeler dae wat voorlê
Deur Christa Swanepoel
Wat het jy nodig?
3 balle elle pure gold dk (100 g) in rauge 4 mm-naalde 2 knope
Afkortings
Aw – aweregs don – draad om naald ks – koussteek r – regs r2tes – regs 2 ste tesame rva – regs voor en agter in dieselfde st vk – verkeerde kant vlg – volgende
Spanning 22 steke en 30 rye = 10 cm
Mate pas borsmaat van 86–94 cm
Aanwysings
Agterpant
Stel 95 ste op. Werk in ks tot agterpant sowat 55,5 cm lank is, eindig met vk-ry. Heg af.
Linkervoorpant
Stel 6 ste op en werk 2 rye in ks. 3de ry: r tot laaste st, rva. 7 ste. 4de ry: rva, aw tot einde. 8 ste. Herh laaste 2 rye tot 39 ste en ongeveer 22,5 cm breed. Gaan voort in ks sonder om te vorm tot werk van begin af sowat 26,5 cm lank is, eindig met vk-ry. Vlg ry: r tot laaste 2 ste, r2tes. Werk 3 rye in ks. Herh laaste 4 rye tot werk sowat 15 cm breed is. Gaan voort in ks sonder om te vorm tot 55,5 cm. Heg af.
Regtervoorpant
Voltooi soos linkervoorpant, maar met vermeerdering en vermindering aan teenoorgestelde kante. Werk skouernate toe.
Rifband
Stel 8 ste op. 1ste ry: r. 2de ry: aw. 3de ry: aw. 4de ry: r. Herh laaste 4 rye deurgaans en pas band van regtersynaat af na voorkant terwyl dit effens gestrek word. Maak twee knoopsgate eweredig oor reguit gedeelte van voorpant soos volg ná aw-rifry: vlg ry: r3, heg 2 ste af, r3. Vlg ry: aw3, stel 2 ste op, aw3. Gaan voort met band soos tevore tot dit oor regtervoorpant, hals, linkervoorpant en agterpant pas as dit effens gestrek word. Heg af.
Moubande
Stel 8 ste op en werk soos rifband tot dit sowat 40 cm lank is as dit effens gestrek word. Heg af.
Om te voltooi
Merk weersk van lyf vir posisie van mousgate sowat 20 cm van skouernaat af op voor- en agterpant. Werk moubande tussen merkers in. Werk sy- en mounate toe. Werk band om trui om voorpante en agterpant vas en werk kort sye van band aan mekaar. Werk knope teenoor knoopsgate aan. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …