In Vrouekeur van 20 November skryf Johan Myburg oor die Hubert Rupert-gedenkkonsert in Stellenbosch. Die solis in dié konsert op 4 Desember is Ammiel Bushakevitz.
JOHAN MYBURG
Kyk hier na ’n opname van Franz Schubert se Der Erlkönig met Hagar Sharvit (mezzosopraan) en Ammiel Bushakevitz (klavier). Dié opname is verlede jaar gemaak tydens die Festival d’Aix-en-Provence in Frankryk.
Huberte Rupert-gedenkkonsert
Die konsert op 4 Desember in die Endlersaal in Stellenbosch begin om 20:00. Die eerste werk op die program is die Romeo & Juliette-ouverture (Tsjaikowski), gevolg deur die Klavierkonsert no. 23 in A, K488 (Mozart). Die hoofwerk is die Simfonie no. 8 in G, op. 88 (Dvorak). Die Kaapstad Filharmonie word gedirigeer deur Brandon Phillips. Bespreek by Dial-a-Seat: 021 421 7695.
In 2013 het Bushakevitz sy CD-debuut met laat-werke van Franz Schubert uitgereik.
Sonder os
Vir meer inligting oor Ammiel Bushakevitz besoek sy amptelike webwerf hier