Hierdie framboos-soentjie is so maklik en vinnig om te maak!
6 porsies
200 g donkersjokolade
12 vars frambose
500 ml (2 k) vanieljeroomys
- Spuit silikonmuffinpan met kossproei. Holtes moet ongeveer 6 cm in deursnee wees.
- Smelt sjokolade in dubbelkoker of in mikrogolf tot gesmelt.
- Verf muffinholtes met kwas wat jy in sjokolade gedoop het. Plaas in vrieskas en verf weer. Herhaal proses omtrent drie keer.
- Skep eetlepel roomys in holtes en druk framboos in middel. Bedek framboos met nog roomys. Plaas in vrieskas.
- As roomys hard gevries is, verf nog sjokolade bo-oor, en maak seker daar is geen gaatjies nie. Plaas oornag in vrieskas.
- Druk dit versigtig uit en sit dit dadelik voor.