Het jy al ooit probeer om pesto te maak? Gebruik die maklike resep!
4 porsies
Bestanddele
2 groot rooi soetrissies
410 g (1 blik) cannelini-bone, gedreineer
bietjie olie
sout
5 ml (1 t) gemaalde koljander
5 ml (1 t) gemaalde komyn
1 knoffelhuisie
1–2 vars rooi brandrissies
15 ml (1 e) vars suurlemoensap
skil van 1 suurlemoen
45 ml (3 e) olyfolie
sout en peper
Metode
Stel oond op 200 ˚C.
- Verf soetrissies met olie en sprinkel goed met sout. Plaas op bakplaat en rooster vir 20 minute. Draai elke nou en dan om.
- Haal soetrissies uit oond en plaas in plastieksakkie. Laat afkoel. Skil en ontpit.
- Plaas al die bestanddele in voedselverwerker en verwerk tot gladde pasta.
- Geur met sout en peper.
- Sit saam met vars brood soos baguette voor.