In Vrouekeur van 13 November skryf Johan Myburg oor die skildery wat ’n 25-jarige Spanjaard gemaak het en wat die Paryse kunswêreld op sy agterpote gehad het.
JOHAN MYBURG
In Vrouekeur van 13 November skryf Johan Myburg oor die skildery wat’n 25-jarige Spanjaard gemaak het en wat die Paryse kunswêreld op sy agterpote gehad het. Kunstenaars en kritici het vir ’n wyle hul strydbyle begrawe en ooreengekom dat Les demoiselles d’Avignon skokkend en in slegte smaak was. Henri Matisse was boos oor dié werk en het gemeen dit was ’n swak poging om ’n vierde dimensie te skilder.
Picasso se Les demoiselles d’Avignon, 1907, olie op doek (243,9 × 233,7 cm).
Dié skildery is in besit van die Museum of Modern Art in New York.
Daar is mense, soos Norman Mailer in sy biografie van Picasso, wat meen Picasso het Les demoiselles d’Avignon geskilder in antwoord op Matisse se Le bonheur de vivre (1905-1906).
Henri Matisse se Le bonheur de vivre (Die vreugde van die lewe), 1906,
olie op doek (176,5 × 240,7 cm). Dié werk is in besit van die Barnes-versameling in Philadephia, VSA.
Édouard Manet se Olympia, 1863, olie op doek (130,5 × 190 cm). Dié werk wat
tans in die Musée d’Orsay in Parys is, het op sy dag gesorg vir ’n herrie soos dié
een wat Picasso se Les demoiselles d’Avignon ontketen het.
Van die Renaissance se skoonheidsideaal is niks oor in Picasso se
Les demoiselles nie. Vergelyk Sandro Botticelli se Nascita di Venere (Die geboorte van Venus),
tempera op panel (1484-1486). Dié skildery is in die Uffizi-galery in Firenze, Italië.