Hierdie dagboekmetode raak al hoe gewilder. Hoe werk dit?
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Een van die nuutste neigings is bullet journals. Ons redakteur, Eldaleen Hugo, het een en het ons aan die konsep bekendgestel en ons is gaande daaroor.
Ons help jou om dit beter te verstaan.
‘n Bullet journal werk goed vir mense wat …
… ‘n miljoen klein lysies het.
… van pen-en-papier-doenlysies hou.
… daarvan hou om doelwitte te stel.
… van skryfbehoeftes, joernale, mooi penne en plakboekkuns hou.
… van beplanners hou.
… daarvan hou om georganiseerd te wees.
… baie kreatief is.
… graag ‘n joernaal of dagboek wil hou, maar sukkel om in die gewoonte te kom.
Verstaan die Engelse begrippe:
Bullet journal: ‘n joernaalmetode met bullet-punte as raamwerk.
Index: inhoudsopgawe
Daily Log: wat jy die dag moet doen
Monthly Log: tradisionele maandkalender en als wat jy die maand moet doen en als wat jy vergeet het om die vorige maand te doen.
Rapid Logging: simbole wat jou help om als gedoen te kry.
Future Log: jou hele jaarkalender waar jy gebeurtenisse, doelwitte en langtermynbeplanning kan aanbring.
Wat moet jy nog weet?
- Die idee is dat jy kort notas in plaas van lang sinne neerskryf.
- Jy kan enige joernaal gebruik, maar kyk na gehalte en grootte. Dit moenie te groot of te klein wees nie. ‘n Moleskin-joernaal is ‘n gewilde opsie.
- Die joernaal is ‘n drie-in-een: Doenlysies, beplanner en dagboek.
- ‘n Mens gebruik verskillende simbole om notas te merk, byvoorbeeld een simbool vir rekeninge, een simbool vir ‘n afspraak, een simbool vir iets by die werk wat jy moet onthou. Aan die begin van jou dagboek kan jy aandui watter simbool wat beteken.
- Jy kan blaaie skep vir groot gebeurtenisse wat jy oor tyd wil volg.
- Die meeste bullet-joernale word per bladsy genommer met ‘n indeks aan die begin.
- Daar is dikwels minstens twee blaaie wat vir ‘n groot oorsig van die volgende maand en takies afgestaan word.
- “Bullet journal junkies” is baie kreatief en bestee baie tyd om die blaaie so mooi as moontlik te maak. As jy tyd het, is dit wonderlik, maar dis nie ‘n vereiste nie. Jy kan ook plakkers koop vir spesifieke gebeurtenisse en dinge wat jy onthou wat jou joernaal ook mooi kan laat lyk.
Kyk ook dié video:
Kry idees:
https://www.mindbodygreen.com/0-29602/how-to-use-bullet-journaling-to-get-your-sht-together.html
https://za.pinterest.com/pin/457748749610357280/?lp=true
https://www.youtube.com/watch?v=jkZEEQG6IVE
https://za.pinterest.com/pin/224757837631756252/?lp=true