Navorsers sê daar is steeds ’n groot gaping tussen die lewensverwagting van geestesgesondheidslyers en dié wat nie daaraan ly nie
Mense wat met ‘n geestesgesondheidstoestand gediagnoseer word, se lewensverwagting is korter as mense daarsonder. Mans wat met ‘n geestesgesondheidstoestand gediagnoseer word, leef na verwagting 10,2 jaar korter as diegene daarsonder en vroue met ‘n geestesgesondheidstoestand leef 7,3 jaar korter.
Dit is volgens nuwe navorsing wat in The Lancet Psychiatry-joernaal gepubliseer is.
Ten spyte van pogings in die laaste twee dekades om hierdie gaping te oorbrug, het dit dieselfde gebly. Die oorsake van sterfte het wel verander, sterftes aan beserings en selfdood het verminder terwyl vroeë sterftes weens kanker en hartsiektes verdubbel het.
Alkoholmisbruik is ook vir ‘n groot aantal sterftes verantwoordelik.
Navorsers meen dat mense met geestesiektes geneig is om ongesonder te leef ten opsigte van dieet, rook, alkoholverbruik en oefening. Daar is ook newe-effekte verbonde aan antipsigotiese medikasie soos gewigstoename, spierspasmas en dowwe sig wat ook ‘n groot impak op lyers het.
Siektes word ook dikwels misgekyk by mense met geestesversteurings en word later eers raakgesien. Medici fokus gewoonlik meer op die geesteswelstand van hierdie pasiënte terwyl meer aandag aan hul fisieke welsyn gegee moet word.
Navorsers glo dat gereelde siftingstoetse vir geestesgesondheidslyers nodig is.
BRON: www.theconversation.com