Met die feestyd wat op pad is, waarsku FNB kliënte om op skelmstreke bedag te wees en hulself teen kubermisdaad te beskerm
Kovelin Naidoo, die hoofbeampte van kuberveiligheid by FNB gee die volgende wenke:
- Moet nooit jou gebruiksname (user names), wagwoorde (passwords) of PINS op jou selfoon of rekenaar hou nie. Ander mense kan dit daar opspoor.
- Moenie internetbankdienste op ‘n onveilige rekenaar gebruik nie – doen dit net op een wat jy altyd gebruik, soos by die huis of werk. Moenie ‘n bank se webwerf via ‘n internetkafee of gedeelde rekenaars besoek nie. Daar kan sagteware gelaai wees wat probleme vir jou kan veroorsaak.
- Tik jou bank se webwerf self op die internet in in plaas daarvan om dit via Google te soek, wat jou na fopadresse kan neem.
- Moet nooit suspisieuse e-posse of aanhegsels oopmaak nie en moet nooit op skakels binne e-posse of teksboodskappe klik nie. Kriminele laat e-posse en teksboodskappe soos die ware Jakob lyk en probeer jou dwing om jou rekeningbesonderhede te bevestig of by jou bankrekening in te gaan om kamtig te keer dat jou rekening toegemaak word.
- Hou altyd jou PIN en wagwoord ‘n geheim. As jy voel jy moet joune verander, doen dit op die bank se toep, internetbankdiens of by ‘n OTM of tak.
- Verander jou wagwoorde en PIN gereeld.
- Maak slegs aanlynaankope by webwerwe wat as veilige webwerwe geverifieer is. Wees op die uitkyk na die klein slotjie op die webwerf en maar seker die adres begin met ‘n https://).
- Moet nooit dieselfde gebruiksnaam en wagwoord vir internetbankdienste gebruik as wat jy vir sosiale media en ander toeps gebruik nie.
- Laai jou bank se toep af om jou rekeninge en transaksies dop te hou.
- As jy ‘n FNB-kliënt is, kan jy die gratis Trend Antivirus and Antimalware vir jou rekenaar en slimfoon aflaai. Teken in by FNB Online Banking en klik op die skakel onder op die skerm om jou gratis antivirusprogram af te laai.
- Dateer jou slimfoon en rekenaar met die jongste sagteware en toepopdaterings op.
- Monitor jou selfoonopvangs. As jou selfoon vir te lank opvangs verloor, is jy dalk die slagoffer van simruilbedrog. Kontak dan dadelik jou bank se bedroglyn.
- Misdadigers kan jou bel en maak asof hulle van jou bank, diensverskaffer of van ‘n winkel is. Hulle kan jou vra om persoonlike en bankbesonderhede te verifieer of om sagteware af te laai vir hulle om jou te “help”. Jy moet dan eerder die foon neersit en die maatskappy direk kontak om uit te vind of die oproep geldig is.
- As jy reis, is dit ook goed om jou bank se toep af te laai en so jou rekening te monitor. As jy ‘n FNB-kliënt is kan jy Smart inContact gebruik om transaksies goed te keur.
Bel FNB se bedroglyn: 087 575 9444