Maak hierdie lekker calamarislaai vanaand vir ete!
4 porsies
Bestanddele
SLAAISOUS
60 ml (4 e) sesamolie
30 ml (2 e) sojasous
1 ml fyn rooipeper
5 ml (1 t) mengsel van vars knoffel
en vars gemmer
15 ml (1 e) heuning
10 ml (2 t) suurlemoensap
SLAAI
200 g (1 pakkie) babaspinasie
1 rooi ui, in dun ringetjies gesny
½ komkommer, in blokkies gesny
1 25 g (½ pakkie) klein tamaties,gehalveer
CALAMARI
125 ml (½ k) koekmeel
knypie rooipeper
5 ml (1 t) suurlemoenpeper
400 g calamariringetjies
groot klont botter
bietjie olie
Metode
- Slaaisous Meng al die bestanddele vir slaaisous en hou eenkant.
- Slaai Spoel spinasieblare af en pak op opdienbord. Sprinkel res van slaaibestanddele bo-oor.
- Calamari Meng meel, rooipeper en suurlemoenpeper. Rol calamari in meelmengsel.
- Smelt botter en olie in braaipan tot goed warm. Braai calamari vir ongeveer twee minute aan elke kant.
- Skep gaar calamari bo-op slaai en giet slaaisous oor.
- Sit dadelik voor.