Probeer hierdie heerlike en ekonomiese kolwyntjieresep sjokoladekolwyntjies met malvalekkerversiersel
Click here for the english recipe
Deur MARELI VISSER
20 kolwyntjies
KOLWYNTJIES
3 groot eiers
100 ml water
100 ml olie
250 ml (1 k) strooisuiker
10 ml (2 t) vanielje
330 ml (11/3 k) koekmeel
12,5 ml (2½ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
50 ml (3 e en 1 t) kakao
VERSIERSEL
30 ml (2 e) gelatien
125 ml (½ k) koue water
500 ml (2 k) strooisuiker
125 ml (½ k) kookwater
10 ml (2 t) vanielje
160 g donker baksjokolade
Metode
Verhit oond tot 180 °C en berei kolwyntjiepan met papiertjies voor
- Kolwyntjies Skei eiers.
- Klits eiergele, water en olie, gooi strooisuiker stadig by, klits tot lig en voeg vanielje by.
- Klits eierwitte tot sagtepuntstadium.
- Sif koekmeel, bakpoeier, sout en kakao en vou by eiergeelmengsel in.
- Vou eierwitte by mengsel in.
- Skep in papiertjies, bak vir 12–15 minute en laat afkoel.
- Versiersel Spons gelatien in koue water en verhit in mikrogolf tot gesmelt.
- Voeg strooisuiker, kookwater en vanielje by en klits vir 10 minute tot mengsel verdik en wit verkleur.
- Skep in spuitsak en spuit soos draairoomys bo-op kolwyntjies.
- Verkoel in yskas tot gestol.
- Kerf sjokolade en smelt dit in mikrogolf terwyl jy dit gereeld roer. Gooi gesmelte sjokolade in koffiebeker.
- Haal kolwyntjies uit yskas en doop vinnig in gesmelte sjokolade. Skud liggies om oortollige sjokolade te laat afdrup.
- Laat staan totdat sjokolade gestol het en bedien.
Wenk
Jy kan die kolwyntjies met malvalekkerversiersel net so voorsit sonder om dit in sjokolade te doop