So ’n kantkragie kan ’n eenvoudige top of rok opkikker
Christa Swanepoel
BENODIGHEDE
• 1 bal ELLE Premier Natural Cotton 4-draad in wit
• 3 mm-hekelnaald
• 1 knopie per kragie
AFKORTINGS
gs – glipsteek
hlb – halwe langbeen
kb – kortbeen
ks – kettingsteek
lb – langbeen
HEKELINLIGTING
· 4 ste is omtrent 2 cm.
· Meet om jou top of rok se hals hoe groot jy kragie wil hê en bepaal só die hoeveelheid steke.
· Kragie kan met ‘n knopie voor of agter gedra word.
· Jy kry albei kragies uit een bal breidraad.
KANTKRAGIE (sowat 68 cm met 115 ste)
Patroon word oor veelvoud van 4 plus 2 gehekel, plus 5 ekstra steke vir knooplus
Met 3 mm-hekelnaald stel 115 ste op.
1ste ry: 2 ks (tel as hlb), hlb in elke st tot laaste 5 ste, draai.
2de ry: 3 ks (tel as lb), *slaan 1 hlb oor, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg hlb, slaan 1 hlb oor, 1 lb in vlg hlb, herh van * tot laaste 4 lb, slaan vlg hlb oor, (2lb, 2ks, 2 lb) in vlg hlb, slaan 1 hlb oor, 1 lb in laaste st, draai.
3de ry: 3 ks, *(3 lb, 2 ks, 3 lb) in 2 ks-spasie, slaan 1 lb oor, 1 lb in vlg lb, slaan vlg lb oor, herh van * tot laaste 2 ks-spasie, slaan 1 lb oor, 1 lb in laaste lb, draai.
4de ry: 3 ks, *(4 lb, 2 ks, 4 lb) in 2 ks-spasie, herh van * tot laaste 2 ks-spasie, 1 lb in laaste lb, draai.
5de ry: *3 ks, kb tussen 4 lb, 3 ks, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in 2 ks-spasie, 3 ks, 1 kb tussen 4 lb, 3 ks, 1 kb in middel van lb-groepe, herh van * tot aan einde en eindig met 3 ks en gs in lb van vorige ry.
OM TE VOLTOOI
Maak knooplus deur punt van 5 ks terug te werk. Werk knopie aan.
KRAGIE MET SKULPRANDJIE (sowat 58 cm met 104 ste)
Word oor veelvoud van 10 plus 9, plus 5 ekstra ste vir knooplus gehekel
Met 3 mm-hekelnaald stel 104 ste op.
1ste ry: 2 ks (tel as hlb), hlb in elke st tot laaste 5 ste, draai.
2de ry: 3 ks (tel as lb), lb in vlg 8 lb, 2 lb in 10de lb, *lb in vlg 9 lb, 2 lb in 10de lb, herh van * tot laaste 9 ste, 1 lb in elke lb tot einde, draai.
3de ry: 3 ks, lb in vlg 8 lb, *2 lb in elk van vlg 2 lb, lb in vl 9 lb, herh van * tot einde, draai.
4de ry: 3 ks, lb in vlg 8 lb, *2 lb in elk van vlg 4 lb, lb in vlg 9 lb, herh van * tot einde, draai.
Vlg ry: *5 ks, slaan 2 lb oor, kb in vlg lb, herh van * tot einde, draai.
Vlg ry: gs tot in middel van 5 ks, *5 ks, kb in middel van vlg 5 ks, herh van * tot laaste 5 ks, eindig met 3 ks, gs in lb van vorige ry.
OM TE VOLTOOI
Maak knooplus deur punt van 5 ks terug te werk. Werk knopie aan.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.