Is jy bang dat jy een van die 33 miljoen Suid-Afrikaners kan wees wie se persoonlike rekords op die internet gelek is? Jy kan nou uitvind
Daar is 22 miljoen e-posadresse op ‘n webwerf gelaai wat internetgebruikers toelaat om te bevestig of hul persoonlike data gelek is.
‘n Australiese sekuriteitsontwikkelaar, Troy Hunt, het Dinsdag die datalekkasie ontdek.
Daar is ongeveer 27 gigabyte se data, wat name, identiteitsnommers, ouderdom, ras, inkomste, werksgeskiedenis en selfs huisadresse van ongeveer 33 miljoen Suid-Afrikaners bevat, op die internet gelaai.
Slegs die e-posadresse wat geraak word, is op die “Have I Been Pwned?”-webwerf gelaai, alhoewel die “datatrove” miljoene identiteite bevat.
I’ve now loaded the *email addresses only* for the South African “Master Deeds” breach into @haveibeenpwned https://t.co/nv5UjJpDsR
— Troy Hunt (@troyhunt) October 18, 2017
Note that there are only 2.2 million email addresses but tens of millions of actual identities in the source database
— Troy Hunt (@troyhunt) October 18, 2017
I can’t help those who have questions around whether they were in the data set if their email address doesn’t show up in @haveibeenpwned
— Troy Hunt (@troyhunt) October 18, 2017
Dié datalek word as die grootste lek van private inligting in Suid-Afrika se geskiedenis beskryf.
Daar is nog nie sekerheid of die datalek die gevolg van ‘n “hack” of nalatigheid is, of watter maatskappy die bron van die data is nie.
Lees meer op Eyewitness News en 947.