’n Mens kan nie genoeg resepte vir kaaskoek hê nie. Hier’s een vir ’n gebakte Peppermint Crisp-kaaskoek
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
12 tot 16 porsies
Bestanddele
Koekiekors
2 00 g (1 pakkie) Romany Creams (pepermentgeur)
75 ml (5 e) botter, gesmelt
Vulsel
750 g (3 x 250 g-bakkies) roomkaas
360 g (1 blik) gekookte kondensmelk
15 ml (1 e) koekmeel
98 g (2 x 49 g-stafies) Peppermint Crisp, grofgekap
3 eiers
3 ml mentgeursel
Sjokoladebolaag
200 g (1 plak) bruin melksjokolade
80 ml (1/3 k) room
49 g (1 stafie) Peppermint Crisp, grofgekap
LEES OOK: Beloofde resep vir mini-kaaskoekies
Metode
Stel oond op 160 °C.
- Kors Plaas koekies in voedselverwerker en kap fyn. Voeg gesmelte botter by. Meng goed.
- Smeer losboomkoekpan van 22 cm met botter en druk koekiemengsel op bodem vas.
- Vulsel Meng roomkaas en karamelkondensmelk in bak.
- Sif koekmeel oor en roer saam met gekapte Peppermint Crisp by karamelmengsel.
- Klits eiers en roer saam met pepermentgeursel by karamelmengsel.
- Skep vulsel in koekpan. Plaas in oondpan of op ’n bakplaat. Plaas oondbakkie met water in oondpan of op bakplaat. Die vog sal help dat kaaskoek nie kraak en droog is nie.
- Bak vir 60 minute. Skakel oond af en laat oonddeur halfpad oop. Los kaaskoek vir nog 30 minute in oond.
- Haal kaaskoek uit oond. Laat heeltemal afkoel.
- Sjokoladebolaag Plaas sjokolade en room in dubbelkoker of in mikrogolf teen 50% krag. Roer tot glad. Laat vir ongeveer 30 minute afkoel en skep oor kaaskoek.
- Sprinkel gekapte Peppermint Crisp bo-oor. Sit in skywe voor.