Braai is sinoniem met Suid-Afrika. Probeer hierdie maklike broodjie met ons ander gunstelingbestanddeel – biltong!
1 brood
Bestanddele
1 pak witbrooddeeg
1 wiel fetakaas
60 ml (¼ k) fyn biltong
4 pikantrissies
1 klein pakkie aartappelskyfies
LEES OOK: Die perfekte braaibroodjie
Metode
Verhit oond tot 180°C en smeer broodpan.
- Druk deeg plat in reghoek so wyd soos pan.
- Krummel fetakaas oor deeg en sprinkel biltong oor.
- Kap pikantrissies fyn en sprinkel bo-oor.
- Krummel aartappelskyfies bo-oor.
- Rol deeg in lengte op en knyp kante vas.
- Plaas rol in broodpan en laat rys tot dubbel die grootte.
- Bak vir 45 minute tot goudbruin en gaar.
- Keer uit op draadrak en laat effens afkoel.
- Bedien met botter.
Wenk
Probeer ander geurkombinasies soos groenvy en bloukaas