Bak ’n heerlik dekadente sjokoladekoek!
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS Foto ANDREA CALDWELL
12 porsies
Bestanddele
180 g sagte botter
187 ml (¾ k) strooisuiker
6 ekstragroot eiers, geskei
5 ml (1 t) vanieljegeursel
15 ml (1 e) likeur van jou keuse
2 00 g (1 groot plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
250 ml (1 k) koekmeel
ROOMVULSEL
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) versiersuiker, gesif
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
SJOKOLADEVERSIERSEL
60 ml (4 e) botter
60 ml (4 e) water
90 g (1 plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
312 ml (1¼ k) versiersuiker, gesif
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Room botter en strooisuiker tot liggeel met elektriese klitser.
- Voeg eiergele by en klits weer. Voeg vanieljegeursel en likeur by. Klits weer.
- Smelt sjokolade in mikrogolf teen 50% krag of op stoof in dubbelkoker. Roer tot glad en voeg by bottermengsel.
- Roer koekmeel by bottermengsel tot deeg.
- Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou by deeg in.
- Voer ronde koekpan van 20 cmdeursnee met bakpapier uit. Spuit koekpan met kossproei.
- Skep deeg in koekpan. Bak vir 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat koek bietjie in koekpan afkoel en keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
- Sny koek horisontaal in helfte deur.
- Roomvulsel Klits room saam met versiersuiker en vanieljegeursel tot styf.
- Smeer op koeklaag. Plaas koeklaag bo-op.
- Sjokoladeversiersel Verhit botter, water en sjokolade saam oor matige hitte in kastrol terwyl jy af en toe roer tot dit glad is.
- Verwyder van hitte. Roer versiersuiker by tot glad en smeer bo-oor koek.
- Versier soos verkies.