Hekel hierdie oulike mandjies en hang dit teen ’n muur
Deur KAREN ADENDORFF
Benodigdhede (vir 3 mandjies)
- 3 balle Elle Cotton On (100 g) in wit
- 6 mm-hekelpen
- Naald met groot oog
Afkortings
beg – begin; gs – glipsteek; h/af – heg af; herh – herhaal; hlb – halflangbeen; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; ls – lus; rdte – rondte; tes – tesame; vlg – volgende
Aanwysings
Met 6 mm-pen en wit, hekel 5 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 11 lb in ring, gs in bokant van 3 ks = 12 lb.
2de rdte: 1 ks, 2 kb in elke lb tot einde, gs in beg-kb = 24 kb.
3de rdte: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde, gs in beg-kb = 24 kb.
4de rdte: 1 ks, *1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg kb, herh van * tot einde, gs in beg-kb = 36 kb.
5de rdte: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde, gs in beg-kb = 36 kb.
6de rdte: 1 ks, *1 kb in vlg 2 kb, 2 kb in vlg kb, herh van * tot einde, gs in beg-kb = 48 kb.
7de rdte: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde, gs in beg-kb = 48 kb.
LEES OOK: Hekel ’n doilie-drasak
8ste rdte: 1 ks, *1 kb in vlg 3 kb, 2 kb in vlg kb, herh van * tot einde, gs in beg-kb = 60 kb.
9de rdte: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde, gs in beg-kb = 60 kb.
10de rdte: 1 ks, *1 kb in vlg 3 kb, 2 kb tes, herh van * tot einde, gs in beg-kb = 48 kb.
11de rdte: soos 7de rdte.
12de rdte: 1 ks, *1 kb in vlg 2 kb, 2 kb tes, herh van * tot einde, gs in beg-kb = 36 kb.
13de–14de rdte: soos 5de rdte.
15de rdte: 1 ks, 1 kb in vlg 16 kb, 2 kb tes, 1 kb in vlg 16 kb, 2 kb tes, gs in beg-kb = 34 kb.
16de rdte: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde, gs in beg-kb = 34 kb.
17de rdte: 1 ks, 1 kb in vlg 15 kb, 2 kb tes, 1 kb in vlg 15 kb, 2 kb tes, gs in beg-kb = 32 kb.
18de rdte: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde, gs in beg-kb = 32 kb.
19de rdte: 1 ks, * 1 kb in vlg 2 kb, 2 kb tes, herh van * tot einde, gs in beg-kb = 24 kb.
20ste rdte: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde, gs in beg-kb = 24 kb.
21ste rdte: 1 ks, *1 kb in vlg 2 kb, 3 ks, slaan 1 kb oor, herh van * tot einde, gs in beg-kb.
22ste rdte: 1 ks, *1 kb tussen vlg 2 kb, (1 kb, 1 hlb, 2 lb, 1 hlb, 1 kb) in 3 ks-ls, herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Afwerking
- Werk al die los drade weg.
- Ryg ’n stukkie van die draad of lint deur die openinkies gevorm deur die skulprand om mandjie toe te trek indien verkies.
- Werk ’n lussie met die draad groot genoeg om oor die hakie te haak aan die agterkant van die mandjie vas sodat dit opgehang kan word.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.