Groente-tempura is ’n kreatiewe manier om groente te maak! Laat weet ons wat jy daarvan dink
4 porsies
Bestanddele
DEEG
250 ml (1 k) bruismeel
knypie knoffelsout
knypie rooipeper
250 ml (1 k) sodawater
750 ml (1 bottel) olie
GROENTE
½ kop broccoli, in blommetjies gebreek
125 g (1 pakkie) klein mielies
½ kop blomkool, in blommetjies gebreek
SOUS
60 ml (4 e) soetrissiesous
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
5 ml (1 t) suurlemoensap
30 ml (2 e) mayonnaise
RYS
375 ml (1 ½ k) basmatirys, gaar
2 grasuie, gesny
handvol kasjoeneute, grofgekap
LEES OOK: Groenteslaai
Metode
- Meng bruismeel, knoffelsout, rooipeper en sodawater.
- Verhit olie tot warm.
- Groente Dompel groente in deeg en dan in warm olie. Braai tot goudbruin.
- Plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.
- Sous Meng bestanddele vir sous saam.
- Rys Meng bestanddele saam en dien saam met groente en sous op.