Of jy nou vis en tjips eet of seekos kreatief in die kombuis aanwend, dit bly heerlik. Bederf jouself en jou mense met heirdie vinnige calamari resep
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
4 porsies
Bestanddele
800 g calamari-ringe
20 ml (4 t) visspeserye
10 ml (2 t) paprika
30 ml (2 e) koekmeel
3 ml knoffelsout
knypie swartpeper
750 ml (1 bottel) olie vir diepvetbraai
SOUS
125 ml (½ k) mayonnaise
60 ml (4 e) soetrissiesous
2 grasuie, gekap
handvol vars koljanderblare, gekap
½ rooi brandrissie, gehalveer, ontpit en fyngekap
LEES OOK: Skelvistagliatelle
Metode
- Plaas calamari-ringe in plastieksakkie.
- Voeg visspeserye, paprika, koekmeel, knoffelsout en swartpeper by. Skud sakkie sodat calamari met meelmengsel bedek word.
- Verhit olie tot goed warm en braai calamari tot goudbruin.
- Plaas calamari op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.
- Sous Meng bestanddele vir sous en skep in opdienbakkie.
- Sit warm saam met sous en lemmetjie- of suurlemoenskyfies voor.