Hierdie mosseltertjies is ’n wenner! Bederf jou gaste hierdie naweek met dié lekker tertjies
8 tot 10 porsies
KORS
200g (1 pakkie) soutkoekies (green onion and chives-geur)
60 ml (4 e) botter, gesmelt
VULSEL
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
1 70 g (2 x 85 g-blikkies) mossels, gedreineer
knypie sout
knypie swartpeper
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
4 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) melk
LEES OOK: Tuna-en-tjips-tert
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Kors Kap soutkoekies in voedselverwerker fyn en meng goed met die gesmelte botter.
- Druk vas in tertbord met 22 cm-deursnee of in ses tertbakkies met 8 cmdeursnee wat met botter gesmeer is.
- Vulsel Verhit olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is. Verwyder van hitte.
- Voeg mossels by uimengsel
- Geur met sout en swartpeper. Roer mozzarellakaas by.
- Skep vulsel op soutkoekiekors.
- Klits eiers, room en melk. Giet stadig oor vulsel.
- Bak vir 45 minute of tot net in middel gestol. Verminder baktyd met 10 minute wanneer klein tertbakkies gebruik word.
- Sit warm voor.