Het jy geweet dat Suid-Afrika se Glam Guru, Hannon Bothma ’n dominee wou word toe hy klein was, of dat hy nie sonder ys kan lewe nie? Ons het agter die skerms ingeloer met sy voorbladfotosessie en 20 vinnige vrae gevra.
Deur: Dané de Klerk
1. Beskryf jouself in drie woorde
Liefdevol, spontaan, puttig
2. Waar is jy gebore?
Vryburg.
3. Wat maak jou gelukkig?
Gelukkige mense.
4. Wat krap jou om?
Boelies.
LEES OOK: Sterkos: Hannon Bothma se gerookte salmpastadekadensie
5. Wat is jou gunsteling plek in die wêreld om na te reis?
Mauritius.
6. Gunsteling fliek?
Anna and the King.
7. Gunsteling TV-reeks?
Molly & Wors.
8. Gunsteling drankie?
Sjampanje (Hannon het ook sy eie sjampanje, hou dié spasie dop!)
9. Gunsteling kleur
Op die oomblik is dit blou!
10. Gunsteling kos?
Caprese slaai (mozarella kaas, tamatie en basiliekruid).
11. Gunsteling sanger?
George Michael.
12. Wat wou jy geword het toe jy klein was?
‘n Dominee.
13. Hoe ontspan jy?
Ek kyk tv.
14. Wat is een ding waarsonder jy nie kan lewe nie?
Ys. Ek sit ys in alles, selfs my koffie!
15. Saam met wie sal jy op ‘n eiland gestrand wil wees?
Niemand anders as Julius, my lewensmaat, nie!
16. Wat is die beste raad wat jy al gekry het?
My ma het altyd gesê: “’n Mooi glimlag is baie mooier as die mooiste lipstiffie”
17. Wat is die beste geskenk wat jy al gekry het?
My pa het vir my geld gegee om my besigheid te begin.
18. Wat is die slimste besluit wat jy al gemaak het?
Om gesond te leef.
19. Wat is jou beste skoonheidsraad?
Maak tyd vir mooimaak, maar moet nooit ‘n minuut te lank spandeer as daar ‘n goeie avontuur is wat wag nie.
20. En moderaad?
Dra ‘n kleur by jou gesig wat jou op jou mooiste laat lyk, dan gaan almal dink jy’s in die mode!
Loer in die galery na nog foto’s van Hannon wat by die voorbladfotosessie geneem is