Die International Space Station het gister (21 Augustus 2017) se sonsverduistering ge-“photo bomb”!
Die International Space Station, met ‘n bemanning van ses mense, kan hier as ‘n silhoeët gesien word waar dit voor die son inskuif tydens ‘n gedeeltelike sonsverduistering 21 Augustus 2017 naby Banner, Wyoming.
Dié foto wat met die perfekte tydsberekening vasgevang is deur NASA-fotograaf, Joel Kowsky, wys die International Space Station as ‘n klein spikkeltjie wat voor die son verbybeweeg.
Hier kan jy dit van nader sien
En daar is ook ’n video:
In die onderstaande video, wat met ‘n hoëspoedkamera geneem is, kan jy die International Space Station (@ISS), met ‘n span van ses mense aanboord, as ‘n silhoeët sien wat ongeveer vyf myl per sekonde voor die son inskuif tydens ‘n gedeeltelike sonsverduistering, Maandag 21 Augustus 2017 naby Banner, Wyoming.
Aan boord as deel van die bemanning is: NASA-ruimtevaarders, Peggy Whitson, Jack Fischer (@Astro2Fish) en Randy Bresnik (@AstroKomrade); Russiese ruimtevaarders, Fyodor Yurchikhin en Sergey Ryazanskiy (@SergeyISS); en ESA (@EuropeanSpaceAgency) ruimtevaarder, Paolo Nespoli (@Astro_Paolo).
Daar was ‘n volle sonverduistering oor ‘n nou gedeelte van die aangrensende Verenigde State van Lincoln Beach, Oregon na Charleston en Suid-Carolina. ‘n Gedeeltelike sonsverduistering was sigbaar oor die hele Noord-Amerikaanse vasteland, sowel as dele van Suid-Amerika, Afrika en Europa.