Die lewe is uitdagend en stresvol. Om te oorleef, moet ʼn mens werk. Ongelukkig kan dit soms tot die uiterste gedryf word en dit kan tot uitbranding lei.
Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy aan uitbranding lei:
- Voel jy oorweldig en fisiek en emosioneel gedreineer?
- Voel jy negatief oor jou werk?
- Is jy hard op mense en het min simpatie?
- Raak jy maklik geïrriteerd?
- Voel jy dat jy niemand het om mee te praat nie?
- Voel jy dat jy minder bereik as wat jy moet?
- Ervaar jy druk om te presteer?
- Voel jy gefrustreerd met jou werk?
- Ervaar jy druk van werkgewers om te presteer?
- Voel jy oorweldig deur jou werkslading?
- Voel jy dat jy nie kwaliteitdiens kan lewer by die werk nie?
- Voel jy apaties en lusteloos?
- Ervaar jy dat jy nie meer jou werk geniet nie?
- Voel jy vervreem van jou werk en jou kollegas?
- Het jy min tyd vir ontspanning?
- Sukkel jy om te slaap?
- Het jy ongesonde eetgewoontes?
- Het jy nie tyd om te oefen nie?
- Oorheers jou werk jou lewe?
- Ly jy aan depressie en angs?
As jou antwoord op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is daar ʼn kans dat jy aan uitbranding kan lei. Oorweeg dit om professionele hulp te kry. Wend ʼn poging aan om af te skaal. Maak tyd vir ontspanning, herontdek jouself en gee weer aandag aan jou dieper self. Moenie toelaat dat jou soeke na sukses jou geluk en gesondheid bedreig nie. Jy het een lewe en dit is kort. Word weer ʼn kaalvoetkind met hare wat wapper in die wind. Nou is jou kans!