Een van Gustav Klimt se portrette is in ‘n stadium vir sowat R993 miljoen verkoop
Johan Myburg
’n Dekade of wat gelede was Gustav Klimt in die kollig toe ’n uitgerekte hofsaak eindelik tot ’n einde gekom het, en een van sy bekendste werke, Portret van Adele Bloch-Bauer I (1907), in 2006 verkoop is vir sowat R993 miljoen – in daardie stadium die meeste wat nóg vir ‘n skildery betaal is.
Gustav Klimt
’n Rolprent oor dié gegewe, Woman in Gold, en met Helen Mirren in die rolverdeling is onlangs uitgereik. Kyk die lokprent hier.
Gustav Klimt, Die soen, 1909, olie en bladgoud
op doek, in die Galerie Belvedere in Wene.
Maar daar is ook ’n insiggewende dokumentêre program van sowat een uur lank beskikbaar oor die portret van Adele Bloch-Bauer waarvoor Maria Altmann ’n hofsaak begin het. Die regisseur is Nigel Janes.
Kyk Art of the heist hieronder
[iframe width=”350″ height=”263″ frameborder=”0″ src=”https://www.youtube.com/embed/Ifi3FMtF8uQ?rel=0″ allowfullscreen=””]