In die vroeë-Barok (1580-1630) was ’n verskeidenheid klawerbordinstrumente beskikbaar – familie van die klavesimbel, ’n instrument waarmee die snare gepluk word: die kleiner virginal, muselar en die spinet. Die klavesimbel het anders as die klavichord ’n meganisme wat die snaar pluk.
Johan Myburg
Die meganisme wat vir dié instrumente gebruik is, het verhoed dat die speler kwalik harder of sagter kon speel. ’n Harde aanslag op die klawers sou maar net ’n stampgeluid tot gevolg hê en geen uitwerking op die volume hê nie. Daarom is ‘n tweede stel snare toegevoeg om nóg ’n nuanse te bewerkstellig. Met die regterhand is die solo-deel gespeel op die laer manuaal terwyl die linker op die boonste subtieler manuaal ’n begeleiding bewerk het.
Die middelbeweging uit Bach se Italiaanse concerto is aanduiding hiervan by 3 minute 50 sekodes in die video
’n Verdere leemte van die klavesimbel is dat klank nie gehou kan word nie – daar is geen pedaal wat die klank kan laat dra soos byvooorbeeld by die latere klavier nie.
Luister hier na Bach se Das wohltemperierte Klavier, Boek 1, BWV 846-869. Die klavesimbelspeler is Léon Berben
Luister byvoorbeeld na die Finale uit Poulenc se Concert champêtre. Die solis is Jean-Patrice Brosse. Georges Prêtre is voor die Orchestre Philharmonique de Monte-Carlo.