Gebruik metaal en hars om vir jou ‘n unieke halssnoer of sleutelhouer te maak
Marlo Kitshoff-Carstens
Metaalhanger
BENODIGDHEDE
metaalwassers van 3,5 cm in deursnee
afvalstukkies plakboekpapier
Modge Podge
klein kwassie
skerppuntskêr
skerppunthandwerkmes (NT cutter)
1 pakkie pratliglo-hars
2 klein weggooibare plastiekbakkies
1 tongstokkie van hout
1 Plak wasser op klein stukkies plakboekpapier met Modge Podge en laat goed droog word.
2 Knip versigtig met stompneusskêr om buitekant van wasser waarop plakboekpapier vasgeplak is.
3 Plaas uitgeknipte wassers met regte kant op plat oppervlak en sny met handwerkmessie versigtig middelste gedeelte van wasser uit. Doen dit baie netjies sodat daar geen rafeltjie papier agterbly nie.
Om pratligo voor te berei
1 Gooi van albei botteltjies in verpakking presies dieselfde hoeveelheid in elke plastiekhouertjie.
2 Roer een plastiekbakkie se inhoud by ander plastiekbakkie in. Roer baie goed met tongstokkie, ongeveer 1 minuut.
3 Maak net genoeg aan vir wassers wat met hars verseël moet word, want mengsel kan nie oorgehou word nie. Dit verhard vinnig.
4 Skep met punt van tongstokkie bietjie hars op wasser. Stoot die hars met die tongstokkie sodat dit die hele wasser bedek.
5 Wanneer wasser heeltemal bedek is, kan nog ‘n druppel of meer by die hars op wasser gevoeg word. Dit sal self invloei by die hars wat reeds op wasser is.
6 Blaas op die hars sodat enige borreltjies wat gevorm het kan bars.
7 Plaas klaar wassers baie versigtig op twee stukkies hout wat ‘n entjie uitmekaar geplaas is sodat enige oortollige hars in die middelste gaatjie kan deurdrup, indien dit wel gebeur.
8 Plaas vir twee dae eenkant om goed droog te word.
Afronding
1 Bind 1 m dun toutjie deur wasser se middelste gaatjie.
2 Kyk hoe lank jy die toutjie wil hê, knip dit korter en knoop punte bymekaar.
Nuut op die rak
Buitekuns, handwerkprojekte vir jou buiteleefareas deur Angie Franke en Monique Day-Wilde is ‘n baie bruikbare handwerkboek met ‘n klomp idees om buiteplekke mooi te maak: van vernuwende potte, voëlbaddens, nuwe idees vir tafels tot dekoratiewe beeldhouwerk. Daar word ook in hierdie boek met baie herwinbare produkte gewerk, bv stukkende teëls en plastiekbottels. Beskikbaar by Metz Press of besoek www.metzpress.co.za. Ook beskikbaar by toonaangewende boekwinkels.
SOURCES
Andrea Caldwell