Dekorartikels met dié bekende vlag is hoogmode. Maak sommer self mooi kussings vir jou bed of bank.
Marlo Kitshoff-Carstens
Union Jack-kussing
BENODIGDHEDE (1 kussing)
BINNEKUSSING
- 55 cm wit materiaal (150 cm wyd)
- wit garing
- genoeg stoffeersel vir kussing
OORTREKSEL
- 1,2 m denimmateriaal (150 cm wyd)
- 50 cm wit poliëstermateriaal (150 cm wyd)
- 30 ml donkerrooi poliëstermateriaal (150 cm wyd)
- donkerblou, wit en donkerrooi garing
- genoeg wit papier
- potlood
- liniaal
- skêr
- maatband
- kopspelde
- basiese naaldwerkbenodigdhede
Wenk
Onthou om alle materiaal voor gebruik te was sodat dit kan krimp nie. Jy wil nie jou klaargemaakte produk sien krimp nie.
Metode
Trek patroon op
- Kyk na diagram.
- Kry groot genoeg stuk wit papier of plak papier aanmekaar vas tot groot genoeg.
- Gebruik afmetings en trek na op papier met potlood en liniaal. Onthou die naattoelating is klaar ingesluit.
Binnekussing
- Sny wit materiaal 50 cm x 80 cm groot en kap om. Laat opening aan die een kant effens groter as jou hand.
- Trek kussingsloop deur sodat omgekapte kant in binnekant is.
- Vul kussing met stoffeersel soos verkies.
- Werk opening toe.
Kry alles bymekaar
- Sny denim 52 cm x 82 cm groot vir voorpant.
- Sny denim in twee dele van 52 cm x 52 cm vir die agterpant.
- Skeur een lang strook van wit materiaal van 6 cm breed.
- Skeur een lang strook van wit materiaal van 12,5 cm breed.
- Skeur een lang strook van rooi materiaal van 3,5 cm breed.
- Skeur een lang strook van rooi materiaal van 8,5 cm breed.
Begin aanmekaarsit
- Vou voorpant horisontaal in die helfte en merk met kleremakerskryt.
- Vou voorpant ook vertikaal in helfte en merk met kleremakerskryt.
- Plaas voorpant met regte kant van denim na jou op plat oppervlak neer.
- Plaas smal wit stroke materiaal oorkruis op voorpant. Steek met kopspelde vas en stik met naaimasjien naby geskeurde kant op voorpant vas. Maak seker dat die materiaalstroke glad lê.
- Sny smal stroke rooi materiaal elk 42 cm lank.
- Plaas rooi materiaalstroke soos aangedui op diagram bo-op gestikte wit stroke materiaal vas. Maak seker dat materiaalstroke glad lê.
- Steek vas met kopspelde en stik met naaimasjien naby geskeurde kant op voorpant vas.
- Pars sodat alles plat lê.
- Plaas nou die breë stroke wit materiaal in die middel en dwarste soos aangedui op diagram bo-op. Gebruik gemerkte middelpunte as die basis sodat jou stroke presies in middel lê.
- Maak seker dat wit materiaalstroke glad lê en steek met kopspelde vas.
- Stik wit materiaalstroke vas.
- Plaas rooi materiaalstroke bo-oor wit materiaalstroke. Steek met kopspelde vas sodat rooi materiaalstroke glad lê.
- Stik met naaimasjien naby kante van materiaalstroke vas. Pars sodat stroke glad lê.
- Knip enige oortollige garingdrade af.
Hoe om kussings aanmekaar te stik
- Plaas die twee agterpante teen mekaar.
- Stik ‘n soompie aan die twee pante wat teen mekaar lê.
- Plaas agterpante met regterkant op voorpant.
- Die agterpante sal oorvleuel. Steek met kopspelde vas.
- Stik kussingoortreksel om buiterand vas.
- Werk rafelrande met omkapsteek af en knip hoeke skuins.
- Keer om na die regtekant en trek oor klaar kussing.
SOURCES
Elmarie Knapton