‘n Naaldwerkboek propvol eenvoudige en vinnige patrone vir sakke en houers
So nuttig, deur Debbie Shore, is propvol vinnige en maklike naaldwerkpatrone vir handige sakke en houers vir die huis – van ‘n klerehangsak tot ‘n penhouer en wasgoedsak. Elk van die 23 projekte gee vir jou ‘n eenvoudige manier om mooi bêregoed wat oral in die huis nuttig sal wees, te maak.
Al die projekte kan met ‘n gewone naaimasjien gemaak word. Die boek het stap-vir-stap foto’s en duidelike aanwysings, beskrywings van al die steke en tegnieke asook pragfoto’s van die voltooide projekte.
Shore het haar loopbaan begin as ‘n TV-aanbieder vir kinders en het sedertdien gereeld op TV verskyn as akteur en naaldwerkdemonstreerder op ‘n handelskanaal. Naaldwerk was nog altyd haar gunstelingtydverdryf en deesdae geniet sy dit om projekte en patrone vir haar eie reeks te ontwikkel. Dis Shore se vyfde boek.