Brei met hierdie prettige breidraad ’n snoesige pom-pom-kombers
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Wat het jy nodig?
- 4 balle BLUE LABEL POM-POM (nr 106) DK-breidraad in bypassende kleur
- 4 mm-naalde
- 4 mm-hekelnaald
Grootte
60 cm x 80 cm
LEES OOK: Brei ’n blokkieskombers
Doen dit só
Hoe om steke op te stel
- Jy het net een naald nodig om steke op te stel
- Maak skuifknoop tussen twee bobbels en sit op naald.
- Hou naald in linkerhand vas, vou volgende lus van agter af oor naald (foto 1).
- Hou lus met jou regterhand onder bymekaar (foto 2), haal van naald af, draai dit om en sit terug op naald (foto 3).
- Maak ’n tweede steek op dieselfde manier van dieselfde lus.
- Gaan voort om twee steke tussen bobbels te maak tot so breed jy werk wil hê (foto 4).
- Maak net een steek ná laaste bobbel.
Hoe om te brei
- Draai en regs hierdie steek met tweede helfte van dieselfde lus.
- Hou volgende bobbel vas sodat dit langs eerste bobbel lê en regs die twee steke tussen eerste en tweede bobbel met lus tussen bobbels. Herhaal tot laaste bobbel.
- Regs die steek aan die einde van ry, draai en regs dieselfde steek met die tweede helfte van lus.
- Herhaal van stap 1 af.
Hoe om af te eindig
- Heg DK-breidraad aan lus van eerste bobbel.
- Hekel kb in 1ste st en trek van naald af, maak 5 ks, 1 kb in 2 ste tussen eerste en tweede bobbel, 5 ks, 1 kb in vlg 2 ste.
- Herhaal tot laaste st. Heg af.
LEES OOK: Hekel dié baie gewilde chevron-kombers
Brei-inligting
- Daar is verskeie maniere om steke op te stel en af te eindig. Bogenoemde was vir my die maklikste. Google “knitting with pom-pom yarn” vir ander tegnieke.
- Las breidraad aan begin van ry met een of twee bobbels op punt. Druk agterna oorbodige stringetjie tussen twee lae bobbels in.
Aanwysings
Stel 22 bobbels op vir kombersie van sowat 60 cm breed. Volg stappe in “doen dit só” tot kombersie 80 cm lank is. Heg af soos beskryf of soos verkies.
Om te voltooi
Druk alle ente langs kant tussen twee lae bobbels in.
Bel 082 641 4060 of stuur ’n e-pos na [email protected] of [email protected] vir jou naaste Blue Label–verskaffer
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …