Rika Sennett is ’n bekende en geliefde gesig op ons kassie. Sy deel haar resep vir ‘n skaapboud met suurlemoen
6 tot 8 porsies
Bestanddele
2-2,5 kg skaapboud
60 ml (4 e) sagte botter
60 ml (4 e) vars broodkrummels
6 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
sap en skil van 1 middelslagsuurlemoen
10 ml (2 t) sout
1 ml gemaalde swartpeper
10 ml (2 t) vars roosmaryn, fyngekap
2 vars roosmaryntakkies vir bo-op
LEES OOK: Maklike lamskenkels
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Meng bestanddele saam en smeer oor hele skaapboud.
- Bedek skaapboud met oopgesnyde baksakkie – die boud rooster só lekker en die oond spat ook nie vuil nie.
- Sit die pan met skaapboud op die middelste oondrak.
- Bak 25 minute vir elke 500 g. Bak dan nog 25 minute nadat baktyd verstreke is.
- Sit aartappels (vooraf vir ongeveer 7 minute gekook en gehalveer – dit moet nog ferm wees) in oondpan langs boud om in vleissous saam met boud te rooster en te verbruin.
Wenke
- Jy kan ook gesnyde, heel vars knoffel saam met die boud bak. Die lang baktyd bring mee dat knoffel murgsag en reukloos is. Dit smaak heerlik saam met vleis en aartappels.
- Jy kan ook roosmaryn met vars tiemie vervang.