Kuns by die Klein Karoo
Johan Myburg
1 As die vlooie byt in La-la-land
Nathani Lüneberg bied ’n solo-uitstalling met animasie/video-werk aan.
2 Baie belaglik
Liberty Battson, wenner van die 2014 Absa L’Atelier-kunsprys, bied ’n solo-uitstalling van skilderwerk aan.
3 L’Atelier 30
Die Absa L’Atelier-kunsprys is vanjaar 30 jaar oud. Voortaan heet dié prys, geborg deur Barclays, L’Atelier. Die kurator van dié groepuitstalling is Paul Bayliss.
4 Die Afrikaners: ’n Werk in wording
’n Solo-uitstalling deur die fotograaf Peter Magubane.
5 Die kunstenaar as outeur
’n Groepuitstalling met Corlie de Kock as kurator. Die kunstenaars is Wayne Barker, Deborah Bell, Belinda Blignaut, Christiaan Diedericks, Kendell Geers, Philemon Hlungwani, Ruan Huisamen, Clare Menck, Deborah Poynton, Lyndi Sales, Shany van den Berg, Leon Vermeulen en Aidon Westcott.
6 Die prinses van die veld
’n Groepuitstalling van beeldhouwerke byeengebring deur Adéle Adendorff as kurator. Die kunstenaars is Reshma Chhiba, Wilma Cruise, Frances Goodman, Noria Mabasa, Nandipha Mntambo, Claudette Schreuders, Sikho Siyotula, Doreen Southwood en Hannelie Taute.
7 Filmverse
’n Poësie-en-animasie-projek van die ATKV, met Nita Cronjé as die dryfkrag, in samewerking met Diek Grobler en nog 11 animasiekunstenaars.
8 Eremozoïcum/Era van eensaamheid
’n Solo-uitstalling deur die skilder Frikkie Eksteen.
9 Land Marks
’n Groepuitstalling met Diane Victor as kurator. Benewens Victor s’n is grafiese werk van Bevan de Wet, Kobus le Grange, Oliver Mayhew, Senzo Nhlapo, Alex Vosloo en Berco Wilsenach ingesluit.
10 Inventaris
’n Solo-uitstalling deur die skilder Susan Kruger Grundlingh.
11 Murmurations
’n Solo-uitstalling van sketse en grafiese drukwerk deur Vulindlela Nyoni.
12 Papa se fliek is dood: Bewegende kunste wat byt, skop en krap
’n Reeks kortprente (onder meer uit die Blikskottel-reeks) en videowerk met Pluto Panoussis as kurator en mentor.
13 Skeur
’n Solo-uitstalling van werke in gemengde media van Georgia Papageorge.
14 Die nie-permanente museum
’n Uitstalling deur Naomi van Niekerk (animasie) en Arnaud van Vliet (musiek).
15 Stygend
Die feeskunstenaar, Berni Searle, se uitstalling is in die Victoria Hall te sien.
Die ander uitstallings word aangebied in die Prins Vincent-gebou in Oudtshoorn.
(Hooffoto)
Elfriede Dreyer