Lesers het gevra vir handskoenpatrone en hier is dit
Christa Swanepoel
Wat het jy nodig?
1 Handskoene met kort vingers
1 bal ELLE FAMILY KNIT DK (50 g) in Lei Breeze
1 bal ELLE FAMILY KNIT DK (50 g) in Coral
2 Handskoene met kort vingers en flappie
1 bal ELLE FAMILY KNIT DK (50 g) in Lei Breeze
1 bal ELLE FAMILY KNIT DK (50 g) in Coral 3 Handskoene met vingers
2 knopies
3,25 mm- en 4 mm-naalde
Afkortings
2×2-rif – 1ste ry: *r2, aw2, herh van * tot einde. 2de ry: herh 1ste ry.
r – regs
aw – aweregs
ggr – glip 1 st asof jy dit sou brei, glip vlg st asof jy dit sou brei, sit albei terug op linkerkantste naald en r2tes
kn – kabelnaald
ks – koussteek – 1ste ry: r. 2de ry: aw. Herh 1ste en 2de rye.
ms – mossteek
rVa – regs voor en agter in dieselfde steek
1. HANDSKOEN MET KORT VINGERS
Regterhand
Met 3,25 mm-naalde en Coral stel 44 ste op.
Werk in 2×2-rif vir sowat 18 rye, eindig met 2de ry van rif.
Met 4 mm-naalde en Lei Breeze werk 2 rye in ks.
Duimvorming
Vlg ry: r22, rVa, rVa, r20. 46 ste.
Werk 3 rye in ks.
Vlg ry: r22, rVa, r2, rVa, r20. 48 ste.
Werk 3 rye in ks.
Vlg ry: r22, rVa, r4, rVa, r20. 50 ste.
Werk 3 rye in ks.
Vlg ry: r22, rVa, r6, rVa, r20. 52 ste.
Werk 3 rye in ks.
Vlg ry: r22, rVa, r8, rVa, r20. 54 ste.
Vlg ry: aw.
Duim
Vlg ry: r34, stel 2 ste op, draai.
Vlg ry: aw14 (insluitend 2 optelste), stel 2 ste op, draai.
Werk in ks slegs oor hierdie 16 ste vir 2,5 cm, eindig met aw-ry. Heg af en breek draad af met lang stukkie draad om duim toe te werk.
Met regte kante op mekaar, werk duimnaat toe tot by aanhegste.
Met RKV heg draad in laaste st op regterkantste naald, tel op en r 2 ste oor basis van duim en r oor oorblywende 20 ste tot einde. **
Gaan voort in ks tot werk sowat 4,5 cm lank is van basis-ste van duim, eindig met aw-ry.
(Jy kan handskoen oor jou hand trek en kyk of dit tot by die basis van jou vingers kom – trek 2 rye los indien nodig of brei nog 2 rye aan.)
Eerste vinger
Vlg ry: r27, stel 2 ste op, draai.
Vlg ry: aw12 (insluitend 2 optel-ste), stel 2 ste op, draai.
Werk in ks slegs oor hierdie 14 ste vir 2,5 cm, eindig met aw-ry. Heg af en breek draad af met lang stukkie draad om vinger toe te werk.
Met regte kante op mekaar, werk naat toe tot by aanhegste.
Tweede vinger
Heg draad aan laaste st op regterkantste naald, tel op en r 2 ste oor basis van eerste vinger, r6, stel 1 st op, draai.
Vlg ry: aw15 (insluitend 1 optel-st), stel 1 st op, draai.
Werk in ks slegs oor hierdie 16 ste vir 2,5 cm, eindig met aw-ry. Heg af en breek draad af met lang stukkie draad om vinger toe te werk.
Met regte kante op mekaar, werk naat toe tot by aanhegste.
Derde vinger
Heg draad aan laaste st op regterkantste naald, tel op en r 2 ste oor basis van tweede vinger, r6, stel 1 st op, draai.

Vierde vinger
Heg draad aan laaste st op regterkantste naald, tel op en r 4 ste oor basis van derde vinger, r5 tot einde.
Vlg ry: aw oor al 14 ste.
Werk in ks slegs oor hierdie 14 ste vir 2,5 cm, eindig met aw-ry. Heg af en breek draad af met lang stukkie draad om hele handskoen toe te werk.
Met regte kante op mekaar, werk naat toe tot onder.
Linkerhand
Met 3,25 mm-naalde Coral en stel 44 ste op.
Werk in 2×2-rif vir sowat 18 rye, eindig met 2de ry van rif.
Met 4 mm-naalde en Lei Breeze werk 2 rye in ks.
Duimvorming
Vlg ry: r20, rVa, rVa, r22. 46 ste.
Werk 3 rye in ks.
Vlg ry: r20, rVa, r2, rVa, r22. 48 ste.
Werk 3 rye in ks.
Vlg ry: r20, rVa, r4, rVa, r22. 50 ste.
Werk 3 rye in ks.
Vlg ry: r20, rVa, r6, rVa, r22. 52 ste.
Werk 3 rye in ks.
Vlg ry: r20, rVa, r8, rVa, r22. 54 ste.
Vlg ry: aw.
Duim
Vlg ry: r32, stel 2 ste op, draai.
Vlg ry: aw14 (insluitend 2 optelste), stel 2 ste op, draai.
Werk in ks slegs oor hierdie 16 ste vir 2,5 cm, eindig met aw-ry. Heg af en breek draad af met lang stukkie draad om duim toe te werk.
Met regte kante op mekaar, werk duimnaat toe tot by aanhegste.
Met RKV heg draad in laaste st op regterkantste naald, tel op en r 2 ste oor basis van duim en r oor oorblywende 22 ste tot einde. **
Gaan voort in ks tot werk sowat 4,5 cm lank is van basis-ste van duim, eindig met aw-ry.
(Jy kan handskoen oor jou hand trek en kyk of dit tot by die basis van jou vingers kom – trek 2 rye los indien nodig of brei nog 2 rye aan.)
Eerste vinger
Vlg ry: r27, stel 2 ste op, draai.
Vlg ry: aw12 (insluitend 2 optel-ste), stel 2 ste op, draai.
Werk in ks slegs oor hierdie 14 ste vir 2,5 cm, eindig met aw-ry. Heg af en breek draad af met lang stukkie draad om vinger toe te werk.
Met regte kante op mekaar, werk naat toe tot by aanhegste.
Tweede vinger
Heg draad aan laaste st op regterkantste naald, tel op en r 2 ste oor basis van eerste vinger, r6, stel 1 st op, draai.
Vlg ry: aw15 (insluitend 1 optel-st), stel 1 st op, draai.
Werk in ks slegs oor hierdie 16 ste vir 2,5 cm, eindig met aw-ry. Heg af en breek draad af met lang stukkie draad om vinger toe te werk.
Met regte kante op mekaar, werk naat toe tot by aanhegste.
Derde vinger
Heg draad aan laaste st op regterkantste naald, tel op en r 2 ste oor basis van tweede vinger, r6, stel 1 st op, draai.
Vlg ry: aw15 (insluitend 1 optel-st), stel 1 st op, draai.
Werk in ks slegs oor hierdie 16 ste vir 2,5 cm, eindig met aw-ry. Heg af en breek draad af met lang stukkie draad om vinger toe te werk.
Met regte kante op mekaar, werk naat toe tot by aanhegste.
Vierde vinger
Heg draad aan laaste st op regterkantste naald, tel op en r 4 ste oor basis van derde vinger, r5 tot einde.
Vlg ry: aw oor al 14 ste.
Werk in ks slegs oor hierdie 14 ste vir 2,5 cm, eindig met aw-ry. Heg af en breek draad af met lang stukkie draad om hele handskoen toe te werk.
Met regte kante op mekaar, werk naat toe tot einde.
2. HANDSKOENE MET KORT VINGERS EN FLAPPIE
Regterhand
Werk soos handskoen met kort vingers tot **.
Werk 2 rye ks en plaas merkers (sommer stukke breidraad) in 2de en 21ste steke van laaste ry.
Gaan voort in ks tot werk 4,5 cm lank is van basis-ste van duim en voltooi verder soos handskoen met kort vingers.
Flappie
Met 3,25 mm-naalde stel 22 ste op.
1ste ry: *r1, aw1, herh van * tot einde.
Herh hierdie ry nog 3 keer.
Laat hierdie ste op spaarnaald.
Met RKV en 4 mm-naalde stel 1 st op en tel op en r 20 ste van merker tot merker oor rugkant van handskoen. 21 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r21, r oor 22 ste op spaarnaald. 43 ste.
*** Werk in ks tot flappie ongeveer 9 cm lank is van opstel=ry, eindig met aw-ry.
Trek die flap oor jou hand – dit moet ongeveer 2,5 cm korter as jou langste vinger wees. Pas aan indien nodig.)
Vorm bokant
Vlg ry: r1, ggr, r16, r3tes, ggr, r16, r2tes, r1. 38 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r1, (ggr, r14, r2tes) 2 keer, r1. 34 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r1, (ggr, r12, r2tes) 2 keer, r1. 30 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r1, r2tesadl, r8, r3tes) 2 keer. 22 ste.
Heg af.
Met regte kante op mekaar werk synaat toe.
Linkerhand
Werk soos linkerhand van handskoen sonder vingers tot **.
Werk 2 rye in ks, plaas merkers 24ste en 43ste ste van laaste ry.
Gaan voort in ks tot werk 4,5 cm lank is van basis-ste van duim en voltooi verder soos linkerhandskoen met kort vingers.
Flappie
Met 3,25 mm-naalde stel 22 ste op.
1ste ry: *r1, aw1, herh van * tot einde.
Herh hierdie ry nog 3 keer.
Laat hierdie ste op spaarnaald.
Met RKV en 4 mm-naalde tel op en r 20 ste van merker tot merker oor rugkant van handskoen, stel 1 ste op. 21 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r.
Vlg ry: r21, r oor 22 ste op spaarnaald. 43 ste.
Voltooi soos flappie van regterhandskoen.
Om te voltooi
Hekel of werk knooplussie op punt van flappies. Werk knopie op rif vas waar flap pas as dit teruggevou word.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …