Almal kla oor stres. Hoe raak dit jou gesondheid en verhoudings, vra Luisa van der Linde in ons 20 Februarie-uitgawe. Hier kyk ons na nog inligting.
Luisa van der Linde
Dr Tom Trauer en Hanna Kok, ’n heelbreinpraktisyn en lewensafrigter, gee raad.
Dr Tom het die volgende wenke
• Gaan vir ’n massering.
• Mediteer.
• Besoek ’n psigoterapeut, berader of sielkundige.
• Doen gereeld oefening.
• Beoefen ’n stokperdjie.
• Versorg ’n troeteldier.
• Die beste is om ‘n paar tegnieke te beproef en uit te vind wat jou kalmeer.
Hanna sê: “As jy van stres ontslae wil raak is dit belangrik om jouself en ander te vergewe. Dit is die enigste manier om giftige, negatiewe emosies uit jou liggaam te verwyder. Ons vergewe nie omdat iemand ons vergifnis nodig het nie. Ons vergewe om ons eie gesondheid en krag terug te eis.”
Jy kan ook gebruik maak van
Bioterugvoer
• Met bioterugvoer word elektrodes aan jou liggaam gekoppel. Dit meet hoe jou spiere, vel en breingolwe reageer op stres. Dit kan jou stresvlakke monitor en jou leer om dit in ‘n mate te beheer en verminder deurdat daar ‘n liggie flits of klokkie lui. Jy kan deur te konsentreer die liggie afskakel of maak dat die klokkie nie lui nie.
• Oefen drie of meer keer ‘n week, slaap genoeg en eet gesond.
• Woon ’n jogaklas bly.
• Kuier saam met goeie vriende of familie.
• Luister musiek.
• Gaan stap ’n ent.
• Haal diep in- en uitasem.
• Strek.
• Visualiseer ’n mooi plek of lekker vakansie.
• Krul jou tone so hard as wat jy kan vir 15 sekondes en ontspan dit dan weer.
• Kou ’n stukkie kougom. Daar is mense wat glo die ritmiese aksie is kalmerend terwyl ander mense meen dit verbeter bloedvloei na die brein.
• Bestee tyd in die natuur.
• Reik uit na minderbevoorregte mense.
• Skryf oor jou gevoelens en die dinge wat jou gespanne maak.
• Win professionele hulp in wanneer nodig.
Stres kan …
• … jou laat hunker na sekere kossoorte.
• … veroorsaak dat jy meer vet stoor.
• … jou hart beïnvloed.
• … slapeloosheid veroorsaak.
• … hoofpyn gee.
• … jou geheue aantas.
• … jou hare laat uitval.
• … het ‘n invloed op jou swangerskap.
• … jou Bloedglukosevlakke beïnvloed.
• … jou spysverteringstelsel omverwerp.
• … jou bloeddruk opjaag.
• … jou breinweefsel raak.
• … ekseem of psoriase veroorsaak.
• … rugpyn veroorsaak.
• … jou sekslewe raak.
• … beroerte veroorsaak.
• … verkoue aanhelp.
• …. vroeg laat oud lyk.
• … jou werkverrigting beïnvloed.
• … asma vererger.
• … tot beroerte lei.
Korttermynstres kan goed wees
Navorsers in die aanlynjoernaal E-life het bevind dat ‘n mindere mate van stres jou breinkrag ‘n hupstoot kan gee.
Anders as chroniese stres wat sy tol op jou hart eis en jou immuunstelsel affekteer, kan stres voor ’n eksamen of werksonderhoud jou help om beter te onthou en presteer.
Rotte wat aan kort spanningsvolle situasies blootgestel is se stamselle het nuwe senuselle gevorm en hulle gehelp om beter te dink. ’n Klein mate van stres is dalk net wat jy nodig het om jou vermoëns optimaal te benut en kognitief te presteer.