Lees gerus Eldaleen se redaksiebrief van 14 Julie oor middeljarigheid. Dit het sy weer geskryf na aanleiding van Maretta Bellingan se rubriek in dieselfde tydskrif.
Nou ja, ek is al ver verby “middeljarig” – eerder Vlak 60, aldus Eldaleen. En in my “wyse grysheid” kan ek ook sê: Ouderdom is net ‘n nommer. Maggies, so baie dinge het vir my gebeur vandat ek 60 geword het. Weliswaar nie als lekker nie, maar ek sal niks anders wil hê nie.
So is ek op 62 geskei. Ja, dit was aaklig, maar ek is daardeur. Einde verlede jaar is my pa oorlede, maar wat ‘n seën om hom tot sy 94ste jaar te kon geniet. Dis hoeka hy wat my geleer het elke lewensfase het sy eie lekkertes wat jy nie vroeër kon geniet nie en wat jy ook nie noodwendig in jou volgende lewensfase sal kan geniet nie.
LEES OOK: Die gemaskerde breier: Ouderdom
Ek het ook my eie huis en ‘n ander kar gekoop, ‘n hekelboek en ‘n breiboek gepubliseer en vir die eerste keer in my lewe, danksy Vrouekeur en Seagull Toere, oorsee gegaan – Turkye toe van alle plekke. En nou is ek is op pad Roemenië toe! Wat ‘n voorreg!
Ek is dankbaar om reeds in die 60 te wees, want dit beteken ook ek het kanker geklop – ek is 21 jaar gelede met borskanker gediagnoseer – ek kon my kinders sien grootword en kleinkinders beleef. Dit beteken ook ek stap al byna 50 jaar die pad saam met hartsvriendinne.
Nee wat, ek kla g’n oor die ouderdom nie.
En vir meer as twee weke gaan ek baie nuwe dinge beleef en nie elke aand sit en brei nie. Voor ek Sondag op die vliegtuig kan klim, moet ek inderdaad nog ‘n paar breiwerkies afhandel, maar daarna pak ek die breinaalde vir eers weg.
Ouma se blokkie
Met A maak 4 ks en gs in 1ste st om ring te vorm. Wissel kleure af soos verkies.
1ste rdte: 3 ks, 1 lb, 1 ks, (2 lb, 1 ks) 5 keer, gs in 3de ks aan beg. 6 x 1 ks-sp.
2de rdte: heg B in enige ks-sp, 3 ks, 1 lb, 1 ks, 1 lb, 1 ks, 2 lb in ks-sp, *(2 lb, 1 ks, 2 lb) in vlg ks-sp, herh van * nog 4 keer, gs in 3de ks aan beg.
3de rdte: heg C in enige 1 ks-sp, 3 ks, 6 lb in ks-sp, *7 lb in vlg ks-sp, herh van * nog 4 keer, gs in 3de ks aan beg.
4de rdte: heg D in 1ste lb van enige lb-groepe, 1 ks, 1 kb in elk van vlg 6 lb, 1 lb tussen 4 lb-groepe van vorige rdte, *1 kb in elk van vlg 7 lb, 1 lb tussen 4 lb-groep van vorige rdte, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
5de rdte: heg E in enige lb, (5 ks, 1 lb) in lb, 1 kb in elk van vlg 11 kb, *(1 lb, 2 ks, 1 lb) in middelste van 7 kb, 1 kb in elk van vlg 11 kb, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
6de rdte: heg F in enige 2 ks-sp in hoek, (3 ks, 1 lb, 3 ks, 2 lb) in ks-sp, 1 hlb in elk van vlg 4 kb, 1 kb in elk van vlg 5 kb, 1 hlb in elk van vlg 4 kb, *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in ks-sp, 1 hlb in elk van vlg 4 kb, 1 kb in elk van vlg 5 kb, 1 hlb in elk van vlg 4 kb, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
7de rdte: heg G in hoek-sp, 3 ks, 1 lb, 3 ks, 2 lb in hoek-sp, 1 lb in elke st tot vlg hoek-sp, *(2 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek-sp, 1 lb in elkle st rondom, gs in 3de ks aan beg.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …