Het jy jou ma se stadige metabolisme geërf? Jy kan joune ’n hupstoot gee
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Mense se metabolisme verskil. Gene, ouderdom, geslag en liggaamsgrootte het ‘n impak daarop. Die goeie nuus is dat jy wel joune kan versnel. Ons het ‘n paar wenke opgespoor:
1. Hou by ’n gereelde eetpatroon
‘n Eetpatroon beteken nie jy hoef meer as vier of vyf maaltye per dag te eet nie. Studies het al getoon dat baie maaltye nie noodwendig metabolisme versnel nie. Fokus eerder daarop om ‘n gesonde, gereelde eetpatroon te volg en nie maaltye oor te slaan nie. ‘n Gesonde ontbyt is ‘n moet.
LEES OOK: Als oor eiers
2. Oefen intens
Fokus op korter oefeninge, maar met hoë intensiteit. Dit verminder jou oefentyd, maar gee groter metaboliese voordele. Die wetenskaplik ontwikkelde 10-20-30-metode werk as volg: Oefen vir 10 sekondes teen hoë intensiteit, 20 sekondes teen medium intensiteit en 30 sekondes lae intensiteit. Herhaal die siklus minstens drie keer om voordele daaruit te trek.
3. Slaap gereeld
Die liggaam het ‘n natuurlike ritme en jou slaappatrone beïnvloed metabolisme. Goeie slaappatrone kan jou metabolisme positief beïnvloed.
4. Eet meer proteïene
Die kalorieë van proteïne is glo minder geneig om as vet gestoor te word.
LEES OOK: Oefen julle saam?
5. Beweeg meer gedurende die dag
As jy heeldag by die werk sit, sal dit jou kalorieë wat jy verbrand verminder en jou metabolisme verlangsaam. As jy die heeldag sit, probeer om nou en dan op te staan en rond te beweeg.
6. Eet kos met antioksidante
Eet kosse wat natuurlik ryk in antioksidante is soos bloubessies. Antioksidante kom hoofsaaklik in helderkleurige vrugte en groente sowel as volgraanprodukte, neute en sade voor.
7. Eet meer kalsium
Eet natuurlike bronne van kalsium soos witbone, amandels, lemoen, sesamsade en hawermout.
8. Drink baie water
Water verbeter jou metabolismekoers. Drink water al is jy nie dors nie.
9. Drink koffie of groentee
Kafeïen kan jou metabolisme ‘n hupstoot gee. Daar is ook al bevind dat groentee wonderlik vir jou metabolisme is.
10. Eet volgraankos
Jou liggaam werk harder om volgraankos af te breek. Volgraankos met vesel soos bruinrys, hawermout en quinoa is baie goed vir jou.
BRONNE: Https://dailyhealthpost.com, http://www.nhs.uk, www.health.com