Ouers is nie perfek nie en sê soms dinge wat hulle weet verkeerd is. Hier is ’n paar dinge wat kinders liefs nie van hul ouers moet hoor nie
1. Hou nou dadelik op met huil
Wanneer klein kinders straf verwag, begin hulle huil. Hulle weet nog nie hoe om hul emosies te hanteer nie en dis heeltemal oukei vir kinders om te huil en só hul emosies uit te druk. Sê eerder vir jou kinders jy verstaan hoe hulle voel en dis oukei om te huil.
2. Jy beteken niks
As ‘n mens so iets vir jou kinders sê, breek jy hulle af – dis so eenvoudig soos dit. ‘n Mens kan dit nie regpraat nie. Dié woorde laat hulle waardeloos voel en hulle sal dan altyd na goedkeuring en respek soek.
LEES OOK: Kry jou kinders genoeg aandag?
3. Jou vrese is simpel
Dis nie simpel om bang te wees nie. Laat jou kinders weet dis oukei om nou en dan bang te voel en dat jy dit verstaan. Help hulle om op ‘n gesonde manier hul vrese te hanteer en uiteindelik te oorkom.
4. Jy stel my teleur
Ouers sê dit dikwels vir hul kinders as dieselfde kinders reeds vrek skuldig voel. Dit is verkeerd om hulle verantwoordelik te hou vir jou persoonlike teleurstellings. Ons kinders is nie veronderstel om ons eie drome en doelwitte te bereik nie. Moenie jou kinders nog slegter oor iets laat voel as wat hulle reeds doen nie. Lei hulle eerder om die regte keuses te maak en gesels oor wat reg en verkeerd is en ook hoe om mislukkings te hanteer.
5. Ons kan nie dit bekostig nie
“Mamma, kan ek asseblief daardie karretjie kry?” ‘n Mens sê dan dikwels jy het nie die geld nie, maar dan stuur jy ‘n boodskap dat jy nie jou finansies beheer nie, wat kinders kan bangmaak. Kinders kan ook sien dat jy ander dinge koop en dan nie verstaan waar dié geld vandaan kom nie. Sê eerder iets soos: “Ons het ons geld vir belangriker dinge nodig en jy het reeds baie karretjies.”
LEES OOK: Help, my kind sukkel om maats te maak
6. Moenie met vreemdelinge praat nie
Dit is ‘n moeilike konsep vir klein kinders, want wat van die kassiere in die winkel? Mag hulle ook nie met haar praat nie? En die nuwe Juffrou is dan ook ‘n vreemdeling? Lei eerder jou kinders in die regte rigting: Wat sal jy vir ‘n man sê wat vir jou lekkergoed aanbied en vra dat jy saam met hom moet stap? Help hulle om te verstaan wat om in so ‘n situasie te doen.
Klik hier vir die bron en om meer te lees