Sop en brood saam is ’n treffer. Maak hierdie lekker gerolde spinasie-en-kaas-brood
6 persone
800 g (1 sakkie) gekoopte brooddeeg
150 g (½ bos) spinasie, ontstingel
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
1 sirkel fetakaas, gekrummel
¼ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
LEES OOK: Braaivleisbrood
Stel oond op 180 °C.
- Sprinkel koekmeel op werksoppervlakte.
- Rol brooddeeg effens platter in reghoekige vorm wat breed genoeg is om in broodpan te pas.
- Spuit broodpan van ongeveer 12 cm x 20 cm met kossproei of smeer met botter.
- Spoel spinasie af en kap fyner. Sprinkel spinasie, mozzarella, feta en soetrissie oor deeg.
- Rol deeg soos rolkoek op en plaas in gesmeerde broodpan.
- Bak vir 40 minute. Plaas foelie oor en bak nog 10 minute.
- Laat bietjie in broodpan afkoel en keer op afkoelrak uit om heeltemal af te koel.