Philicity Reeken vertolk die rol van die oulike verpleegsuster Busi Khumalo in Binnelanders en deel haar resep vir ‘n onderstebo pynappelpoeding.
8 porsies
30 ml (2 e) strooisuiker
440 g (1 blik) pynappelringe, gedreineer, maar behou sap
100 g (1 boksie) heel rooi glanskersies
KOEK
100 g (1/5 blok) sagte botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 ekstragroot eiers
375 ml (1½ k) koekmeel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
1 ml koeksoda
knypie sout
30 ml (2 e) pynappelsap
LEES OOK: Pynappel-en-klapper-blokkies
Stel oond op 180 °C.
- Smeer koekpan van 22 cm in deursnee met botter. (Moenie losboomkoekpan gebruik nie.)
- Sprinkel strooisuiker op bodem van die koekpan.
- Plaas pynappelringe op bodem van koekpan en plaas kersies in gaatjies.
- Koek Room botter en strooisuiker tot liggeel.
- Voeg eiers by en klits goed.
- Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Roer by bottermengsel.
- Voeg pynappelsap by tot gladde deeg vorm.
- Skep deeg versigtig op pynappels en maak bo-op gelyk.
- Bak vir 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat koek bietjie afkoel en maak om die rand met koekspaan los. Plaas bord op bokant van koekpan en keer koekpan vinnig op bord om, sodat koek op bord kan uitval.
- Sit saam met geklitste room of vla voor.