’n Studie aan ’n Spaanse universiteit sê dat jou geboortemaand dalk jou kanse vergroot om spesifieke chroniese toestande te ontwikkel
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Is jy ‘n Kreef of ‘n Waterdraer? Want dit kan dalk die verskil tussen maagsere en asma vir jou beteken.
Dit is nou as ons die navorsers aan die Universiteit van Alicante in Spanje kan glo.
Nie almal stem natuurlik saam met hierdie studie nie, maar hulle het gekyk of daar ‘n verband tussen geboortemaande en 27 chroniese siektes is. Die opname het bykans 30 000 mense ingesluit en interessante bevindings is in die joernaal Medicina Clinica gepubliseer. Hulle het byvoorbeeld gesê dat mans wat in September gebore is, ‘n amper drie keer groter kans as Januarie-babas het om skildklierprobleme te ontwikkel.
Manlike Augustus-babas het weer amper dubbel die kans as Januarie-babas om asma op te doen.
LEES OOK: Wat sê jou geboortemaand van jou?
Die navorsers glo seisoensveranderings het iets daarmee te doen, soos ultravioletstrale, vitamien D-vlakke, virusse en dies meer.
Sekere akademici sê aikona, soos dr Robert Cuffe, ‘n ambassadeur vir die Royal Statistical Society in Brittanje. Hy sê as ‘n mens oor ‘n jaar na elk van die 27 siektes kyk, gaan jy natuurlik iewers ‘n patroon raaksien, maar dit beteken glad nie dat dit so is nie.
Astrologie is nie juis wetenskaplik nie, sê hy.
Anders navorsers sê ook daar is baie ander faktore wat eerder chroniese toestande kan beïnvloed, soos dieet, oefening en stresvlakke.
Dit is egter steeds interessant om na die Spanjaarde se chroniese siekte-tabel te kyk. Volgens hulle het mense wat in hierdie maande gebore is, ‘n groter kans om die volgende toestande op te doen:
Januarie
Mans
Hardlywigheid, maagsere, lae rugpyn
Vroue
Migraine, menopousale probleme, hartaanvalle
Februarie
Mans
Skildklierprobleme, harttoestande, osteoartritis
Vroue
Osteoartritis, skildklierprobleme, bloedklonte
Maart
Mans
Katarakte, harttoestande, asma
Vroue
Artritis, rumatiek, hardlywigheid
LEES OOK: Wat sê jou hond van jou?
April
Mans
Asma, osteoporose, skildklierprobleme
Vroue
Osteoporose, gewasse, brongitis
Mei
Mans
Depressie, asma, diabetes
Vroue
Chroniese allergieë, osteoporose, hardlywigheid
Junie
Mans
Harttoestande, katarakte, chroniese brongitis
Vroue
Inkontinensie, artritis, rumatiek
Julie
Mans
Artritis, asma, gewasse
Vroue
Chroniese nekpyn, asma, gewasse
Augustus
Mans
Asma, osteoporose, skildklierprobleme
Vroue
Artritis, bloedklonte, rumatiek
September
Mans
Asma, osteoporose, skildklierprobleme
Vroue
Osteoporose, skildklierprobleme, kwaadaardige gewasse
Oktober
Mans
Skildklierprobleme, osteoporose, migraine
Vroue
Hoë cholesterol, osteoporose, anemie
November
Mans
Chroniese velprobleme, harttoestande, skildklierprobleme
Vroue
Hardlywigheid, hartaanvalle, spatare
Desember
Mans
Katarakte, depressie, harttoestande
Vroue
Chroniese brongitis, asma, bloedklonte
BRONNE: http://www.independent.co.uk, www.dailymail.co.uk, www.thetelegraph.com