Jy is as kind konstant afgebreek en jou kinderjare was ver van idillies. Hier is ‘n paar dinge wat jy dalk nou onbewustelik doen
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Surita* is 38 jaar oud, maar sukkel nou nog om vrede met haar kinderjare te maak. Sy het erge armoede as kind ervaar, maar dit was nie vir haar naastenby so erg as om saam met ‘n alkoholispa te leef wat sy kinders nie net fisiek nie, maar ook emosioneel mishandel het.
“Ten spyte daarvan dat ek vandag ‘n goeie posisie en ‘n wonderlike man en kinders het, is ek steeds angstig. Angstig dat my man my kan verwerp, angstig dat ek my werk kan verloor, angstig dat ek nie goed genoeg is nie en angstig dat ek my goeie lewe kan verloor.”
LEES OOK: Mishandel, misbruik, misken
Ons kinderjare het ‘n groot impak op die volwassenes wat ons word, ons persoonlikheid, hoe ons ons kinders grootmaak en hoe ons met ander mense praat …
Jy vra vrae al weet jy wat die antwoord is
Jy twyfel altyd in jouself selfs al weet jy jy is reg en daarom vra jy baie vrae net om heeltemal seker te maak …
Jy sê konstant jammer
Dit het altyd gevoel asof jy niks reg kan doen nie en net altyd jammer moes sê en daarom sit jy hierdie patroon vandag voort.
Jy dink altyd iets slegs gaan gebeur
Jy het as kind nooit geweet wat volgende gaan gebeur nie en nou ervaar jy pal die vrees dat iets slegs gaan gebeur.
Jy is sterk, maar sensitief
Swaarkryjare brei ‘n mens en maak jou sterk, maar omdat jy so baie emosies as kind ervaar het, is jy baie sensitief vir ander mense se emosies.
LEES OOK: Is jou kind oorafhanklik van jou?
Jy is besluiteloos
Die jare wat jou laat voel het asof jy nooit goed genoeg is nie, kan jou vandag besluiteloos laat oor jou eie groot lewenskeuses.
Jy het selfdissipline
Omdat jy so bang vir jou ouers was, het jy dalk in ‘n perfeksionis ontwikkel om hulle gelukkig te hou. Vandag is jy steeds georganiseerd, op tyd en netjies. Baie slagoffers wil net ander mense, ten koste van hulself, gelukkig hou.
Jy skrik vir harde geluide
Omdat vrees jou konstante metgesel as kind was en jy so sensitief vir bakleiery of ‘n geskree was, skrik jy vandag vir enige harde geluid.
Jy’s dalk ‘n introvert
Baie mishandelingslagoffers probeer as volwassenes om eerder kontak met ander mense te vermy en so ook verdere seerkry te vermy.
Jy’s altyd op die verdediging
Jy is te sensitief vir kritiek en is oormatig verdedigend en dink dikwels mense is negatief al is hulle nie eintlik nie.
Jy’s bang vir verlies
Jy vrees dalk dat geliefdes jou sal verwerp of jou verlaat.
Jy vermy oogkontak
Jy raak dalk soms so angstig dat jy nie eens oogkontak met mense kan maak nie.
Jy vermy konflik
Konflik maak jou ongelooflik angstig en daarom sal jy eerder ‘n konfliksituasie probeer vermy.
Jy’s te streng met jouself
Jy’s gewoond daaraan om uitgetrap te word en daarom maak jou eie foute jou siek en dan raak jy jou eie grootste vyand en kritikus.
Jy aanvaar nie maklik komplimente
Jy twyfel of mense opreg is as hulle jou komplimenteer en sukkel om lofprysing te verwerk.
Jy het ‘n baie lae selfbeeld en is dikwels senuweeagtig
Jy is konstant bekommerd oor dinge en voel dikwels oorweldig.
Jy’s vrek kwaad
Jy het soms woede-uitbarstings omdat jy as kind so kwaad was en niks aan jou gevoelens kon doen nie.
Jy het erge gemoedskommelings en kan dalk verslawings hê
Baie slagoffers van emosionele mishandeling kan emosioneel begin eet, of ander verslawings soos dobbel, alkohol, dwelms, en dies meer ontwikkel om hul lewe en emosies te probeer hanteer.
Jy is nederig
Baie slagoffers van erge kinderjare, werk hard om hul kinderjare af te skud en om juis nie soos hul ouers te wees nie. Hulle word sterker, oorwinnaars en is dankbaar vir elke goeie ding in hul lewe. Hul swak kinderjare hou hulle nederig en hulle probeer goed doen aan ander.
As jy sukkel
As jy sukkel om jou kinderjare te verwerk en voel dat dit jou lewe vandag negatief beïnvloed, is dit dalk tyd om met iemand professioneel oor jou gevoelens te gaan praat.
BRON: www.awarenessact.com